top of page

Reis joernaal van Hennie Schuurman van Holland na Suid Afrika

Updated: Dec 21, 2023

'



Ons “dagboek” is eintlik nie ‘n dagboek nie al noem ons dit so.

Dit is ‘n beskrywing van ons reis na Suid Afrika met foto’s wat ons geneem het.

Al is dit maar ‘n eenvoudige boek, met baie foute en gebreke, weet ons dat die

familie in Holland dit met belangstelling sal lees.

As die dagboek sy rondte gedoen het by die familie moet dit asseblief weer terug

gestuur word na Suid Afrika waar ons dit as herinnering wil bewaar. Agter in

die boek is ‘n bladsy geplak wat elkeen wat hierdie boek lees sy besonderhede

neer skryf. Dit sal vir ons interresant wees as die boek weer terug is.

Asseblief nie vergeet nie !!

Marrie en Hennie





DIE VERTREK




“Passasiers wat vertrek kan maar deurgaan” Klink dit oor die luidspreker in die

vertrek saal. Eers in hollands en dan in engels. Eers drink ons nog ons bestelde

koppie koffie en stap dan saam met die ander passasiers na die uitgang. Weer word die paspoorte gekontrolleer en stap ons uit na die vliegtuig toe. Voor ons staan

daar ‘n paar vliegtuie en agter ons op die terras staan die families wat ons afsien.

Daar word geroep en gewaai. Gou nog ‘n foto geneem van hulle, en ook ‘n foto van die vliegtuig wat met sy trap by sy oop deur, staan en wag. Op die terras

word nogsteeds gewaai al is hulle nou onherkenbaar terwyl ons die trap opklim die vliegtuig binne. Ons neem plaas op ‘n lae maar gemaklike stoel by ‘n klein dubbelglas venstertjie.

Nog net-net sien ons die terras waar die mense nogsteeds staan

en waai.


Al sien hulle ons nie meer nie weet hulle dat ons hulle wel kan sien.



Baie dankie Leny en Kees en ook al die ander wat ons kom afsien het.




Daar is geen tyd vir droewige gedagtes nie. Die vliegtuig se engines begin raas en dan beweeg ons na die aanloopbaan. Dan laat die loots die engines brul. Deur die klein vensterjie sien ons die propellers al hoe vinniger draai tot hy onsigbaar word van die spoed waarteen hy draai. Die vliegtuig sidder en skud. Dan, as die loods tevrede is, word die remme gelos.

Stadig begin die vliegtuig beweeg.

Meer petrol en al hoe vinniger oor die aanloopbaan en dan vol stoom, volgens my is die revolusies duisend keer per minuut. Dan is ons los! Dit was ‘n spannende

oomblik vir ons, maar die vliegtuig styg vinnig en onder ons word alles vinnig kleiner. Die engines word rustiger. Die geluid word stiller en asof ons alles gewoond is begin ons met mekaar gesels.

Ons sien nederland onder ons weggly, vreemd mooi. So iets het ons nog nooit gesien nie. Ons herken niks. Baie reguit water slote, baie groen en klein stippeltjies vee, duine en dan skielik die see. Langs ons is so paar los wit wolkies.


Later vlieg ons bo die wolke. Ons sien so nou en dan deur ‘n opening, die see met duidelik golwe. Bo ons net die blou hemel met vroeg oggend son. Die loods wat met sy netjiese uniform, wat ons sitplekke aangewys het, het nou ‘n wit jassie met n bruin koffie vlek agter op sy rug aangetrek. Blyk nou te wees dat dit die vlug kelner was. Hy voorsien nou al die passasiers met ‘n sakkie kougom, lekkergoed (sweets) en klipharde koekies.


Ons oortuig mekaar dat ons definitief nie, onder geen omstighede, lugsiek sal raak nie!

“ Stem jy saam Marrie, dit voel mos baie lekkerder en rustiger as om met ‘n kar te ry.” “Kan nie glo daar mense is wat lugsiek word nie”!! Die engines begin ‘n ander geluid maak maar daar is niks wat ons kan agterkom wat anders is nie. Die wolke onder ons belemmer ons uitsig. Die ander passasiers begin om hulle selofaan van hulle toffies te verwyder. So halfpad deur die vlug sit ons ook maar ons eerste kougommetjie in ons mond. Die bruin gevlekte vlug kelner raak nou baie bedrywig. By elke passasier slaan hy ‘n soort van tafeltjie af wat aan die rugkant van die stoel voor ons gemonteer is. Dan kry elkeen ‘n vreeslike sterk koppie koffie.

Party mense probeer met mening die koekies te byt en ons besluit om dit ook maar te probeer. Ek verduidelik vir Marrie dit is maar alles om te voorkom om lugsiek te voel. Moet wees aangesien die koekies en koffie glad nie lekker is nie.

Smaak eintlik nog slegter as medisyne.!


Met ‘n soort van minagting kyk ons na die bruin dubbelwand papiersak wat met die afslaan van die tafeltjie te voorskyn gekom het “ Marrie, dit is nou die berugte papiersak” Maar ja, dit het sy ook so verstaan. Ek begin om bietjie rond te kyk in die vliegtuig om te sien of daar iemand is wat die sakkie dalk nodig het. Nee, die meisie (ek skat haar so 24) wat voor ons sit is ywerig besig met n blok-

raaisel wat sy probeer voltooi. En langs ons by die ander venstertjie sit ‘n meisie ongeveer 10 jaar oud.

Sy is besig om te lees en eet van haar rantsoen. Voor en agter ons is almal maar net mense wat maak asof hulle by die huis is, behalwe dat almal maar besig is met die eetgoed wat uit die sakkie kom wat die vlug kelner vir ons gegee het. Dan kyk ek weer na die sakkie wat te voorskyn gekom het toe die tafeltjie afgeslaan is en ek kyk vir Marrie , knipoog en sê “ Ek voel letterlik niks snaaks nie en jy?” Marrie voel ook niks. “ Jy moet baie kou “ en ek gee vir haar ‘n vrugte toffie wat baie lekker lyk uit die bruin sak. Dit het so vrugte smakie, “ goeie diens op so vliegtuig”. Al suigende sit ons lekker agteroor in ons stoel.


Die wolke onder ons word al hoe meer en buite is daar dus nie veel meer om te sien nie. Binne wel.

Langs die bruin papiersak steek daar ‘n kaart uit met inligting van die lugredery. Dit sit ons nou maar en bekyk terwyl ons kou aan die vrugte toffies van die vlug kelner. Dit doen die ander passasiers ook met ‘n

gesigsuitdrukking wat lyk asof hulle by die huis sit. Die toffie in my mond smaak nou so wrang en bitter, glad nie wat ek verwag het nie. Nog baie mense sit en krap in hulle sakkies. Aanvanklik het alles so aanloklik gelyk. Rooi, groen en blou in die deurskynende papierjies verpak, alles om te help keer vir lug siekte!.


Teen lugsiekte ja, dis wat ek myself en Marrie wys gemaak het. Waarvoor anders sal hulle dit uitdeel??

Dis hoekom dit so snaaks proe – “ Glad nie lekker nie hoor maar wel goed vir jou” Marrie kyk ook al met so vreemde uitdrukking op haar gesig. Nou en dan sit sy vorentoe met haar kop teen die stoel voor haar.

Sy sê sy voel nie snaaks nie en ek ook nie. Ek wil nie buite toe kyk nie want die verbygaande wolke kan mens maklik naar maak. Die ander passasiers sit en lees, kou of doen blokraaisel. Marrie sit met haar oë toe, met haar kop teen die leuning. Toe doen ek dit ook, die ander mense kan maar doen wat hulle wil.! Tussen my ooghare deur sien ek die dubbel wand bruin sakkie, by Marrie is daar een en by al die ander passasiers ook. In my mond nog steeds die vrugte toffjie. Ek verwag enige oomblik die sagte vulsel wat ongetwyfeld daar moet wees maar hoe ek ook al suig met stille hoop op die sagte

vulling, word die toffie net al hoe langer en slegter, eintlik bitter!! My mond voel amper soos na ‘n inspuiting by die tandarts. Geen wonder dat ek effens mislik voel van die slegte ding nie. Skielik begin die vliegtuig ruk en voel of ons val. Dan weer al skuddende op soos n bootjie wat vorentoe beur op die

golwe. Die slegte toffie sit ek maar in die asbak maar hoe ek ook al sluk, die slegte smaak bly in my mond. By Marrie ook. Ek begin bietjie mislik voel en besluit dit moet maar die slegte toffie wees, en ek kyk toe maar na buite. Die tyd gaan vining verby en hoe nader ons aan engeland kom hoe slegter word die weer. Die wolke onder ons word digter en digter. Die vliegtuig doen al hoe meer vreemde dinge. Sak en styg en skommel en skud. Hoop maar hy breek nie. Ek word steeds onrustiger en wil toilet toe gaan wat iewers agter in die vliegtuig moet wees. Ek begeef my in die paadjie van die steeds steierende vliegtuig maar halfpad word ek terug gestuur na my sitplek deur die vlug kelner, wat intussen sy wit jassie met die koffie vlek verruil het vir sy loods uniform. Die vliegtuig gaan afdaal verstaan ek uit sy gebare. Toe gaan sit ek maar weer. Nou is ek seker – ek is so naar soos n kat. Weet nie presies wat ek moet doen nie, moet ek buite toe kyk of liewers my oë toe maak? Buite is daar niks te sien nie, ons vlieg nou deur die donker grys wolke. Aan my maag kan ek voel ons is besig om te daal.


Met toe oë sit ek en wag, moet ek n kat skiet of nie.Marrie sê dat ons nou naby die grond vlieg en ja, dit is so ! Huise , bome, paaie en selfs karre kan mens sien. Dit doen my gelukkig goed veral toe ons die aanloopbaan sien. My naarheid sak net so vinnig soos die vliegtuig. Ons ry op die gras en bietjie later

klim ons uit die trap af, en staan nou in engeland. Ons kyk mekaar aan. So bietjie broos maar verder kern gesond en vol goeie moed. Saam met die ander passasiers wat in die vliegtuig was stap ons na die geboue wat langs die aanloopbaan is. Ons hoor al heelwat engels waarvan ons natuurlik niks verstaan nie. Baie versigtig stap ons toe na binne en ja, hier kom dit nou “ Paspoort kontrole “ Die ry voor ons word steeds korter en korter. Dan gebeur dit. Ek staan skielik voor ‘n engelse beampte oog tot oog wat sy hand vraend uitsteek na my toe. Ja, dit verstaan ek darm en druk sy hand vol papiere wat ek vermoed hy nodig het. Party papiere gee hy dadelik terug maar die res begin hy ywerig deurkyk sonder om iets te sê. Dit gaan goed so en ek begin al klaar op my gemak voel

hier in engeland. Maar ai tog, onverwags vra hy iets vir my. “Wat vra u meneer” vra ek. Weer uiter hy so ‘n moeilike sin. Ek voel al hoe word ek rooi maar gelukkig besef ek dat Marrie langs my staan.

Sy het darm al verder gevorder met haar engelse les as ek. “ Wat vra hy Marrie?” Maar skynbaar het Marrie haar engelse lesse vergeet want ook sy kyk my skeef aan. Ek besef ek sal iets moet doen anders kom ons nooit hier weg nie. Toe sê ek maar in my beste engels “ YES “ en dit was blykbaar reg want hy stempel en teken ons paspoorte en nog papiere. Hy gee alles terug in my hande. Ek het sommer weer baie selfvertroue. By die deur kyk ek gou terug om te sien of die amptenaar nie sit en lag nie maar hy is alweer ywerig besig met sy stempel. Dus stap ons met doelgerig na die doeane waar ons tasse al gereed staan om deurgesoek te word vir enige smokkelware. Gou is dit ons beurt

en in vloeiende engels vra hy of ons enige sigarette by ons het. “ nee Meneer” Ek het wel sigare by y maar dit het hy nie gevra nie dus sê ek ook niks.

Ook hy bekyk ons paspoorte en in plaas van dat hy ons tasse oopmaak, trek hy so kryt streep daarop wat tot ons verbasing beteken dat ons maar ongehinderd kan gaan met tasse en al. Met blydskap in my hart dat hierdie deel agter die rug is, stap ons weg. Nou soek ons die bus wat ons na die sentrum van die stad sal neem en ons kry dit maklik . ‘n Kruier (portier) neem ons bagasie op so stootkar en vanself kom ons by die bus. Daar sit al heelwat mense wat saam met ons gevlieg het en wag. Dit is so dubbel bus – twee hoog. Jy sou dink dat ons dadelik bo sou gaan sit, maar na so vliegrit het ons eers genoeg gehad van hoogtes!!


Dus bietjie later sit ons normal in die bus. Ons tasse staan agter in die bus dus alles is mooi onder beheer.

Nee, mooi weer is dit nie – jy weet mos, die grou donkergryserige herfs weer en dit nogal in die somer!.


Ek dink ons gaan vertrek want die busbestuurder klim in en ja, daar gaan ons. Ons hou links en dit voel vreemd maar dis maar hoe dit is in engeland. Elke nou en dan dink ek ons gaan ‘n ongeluk maak

maar alles gaan goed. Ouerige karre, soos wat ons in holland nog net in optogte sien, ry ons verby of word deur ons dubbeldekker bus ingehaal. Daar is ook pragtige waens aanwesig. Ons busbestuurder is nie bang nie al ry hy aan die linkerkant van die pad. Met spoed vleg hy deur die verkeer.

Dit word al hoe besiger op die pad. Ons ry verby huise, fabrieke en ander groot geboue. Ons sien ook mense op hulle fietse en ook hulle ry links. Daar is ook hier maar net mense wat hulle besig hou met hulle daaglikse aktiwiteite, so te sien op hulle gesigte. Die bus gaan maar voort en nou is ons in die Londense verkeer!!

Baie dubbeldekker busse en almal is vol geprop met mense. Sien ook taxis waar die bestuurder in die ope lug sit met die stapels tasse langs hom wat hy so met sy een hand vashou. Skielik stop die bus in ‘n stillerige straat en dit blyk ons eindbestemming te wees. Dit is by die kantore van die Engelse Lugvaart maatskappy waarmee ons gevlieg het. Dis tot hier en dan is hulle verpligtinge afgehandel. Nou moet ons maar sien kom klaar hoe ons op Waterloo trein stasie gaan kom. Daar is vir ons vertel dat ons maar dan ‘n taxi moet neem en gelukkig is daar genoeg van hulle. Ons stap na een en ek sê “ Waterloo station “ Tasse word vining ingelaai en daar gaan ons. Kris kras deur die verkeer van die sentrum van Londen. Bree en smal strate, oor pleine en verkeers opeenhopings, karre en karre en busse , trems, fietse en voetgangers. Ons vlieg deur die verkeer.

Nou ry ons verby die groot koninglike paleis, ons herken dit van welbekende foto’s en films. Ons sien agter die traliehekke is daar soldate in helder rooi uniforms, wat op en af masjeer en wat wag staan.

Vinnig neem ek nog ‘n foto so vanuit die taxi. Dan is ons weer verby. My kamera hou ek gereed in my hande vir die volgende interessante foto’s,

Maar nee, daar gebeur niks snaaks nie. Die straat word weer smaller en meer normal. Na ‘n paar vinnige skerp draaie stop ons by die stasiegebou. Seker maar die agterkant want dit lyk baie anders

as wat ons dit voorgestel het. Maar ons is hier! Vir die eerste keer betaal ek met engelse geld. Die taxi drywer gee ‘n glimlag . Hy het seker ‘n lekker fooitjie ingewerk . Ek kyk nog vreemd na die muntstukke wat hy as kleingeld van die pond noot in my hand druk , en weg is hy! Maar wat, ons is hier en dis afgehandel. Weg is die taxi! Die kruiers (porters) in swart jassies staan vining nader. Hy weet dadelik watter trein ons moet kry want daar staan immers “Cape Town “ op ons tasse. Die kruier neem ons bagasie en na die kaartjie kontrole stap ons op ‘n lang perron na die trein wat ons moet neem. Dit kan nie verkeerd gaan nie want op die trein staan “EDInBURGH CASTLE “ Die kruier kry sy fooitjie en ek hou sy gesig dop om te sien of dit te veel of te min is. Moet seker te veel wees want met geen uitrukking stap hy vining weg. Ag wat, ons is hier. Ons kry ons sitplekke op die trein en kom tot ruste.

Dis darrem nog ‘n uur voor die trein vetrek. Ons voel beide nou honger.. Dit was alles so besig dat ons nie tyd gehad het om te dink aan iets eet nie. Op die stasie is daar baie om te sien. Alles is maar nuut vir ons.


Stelselmatig kom al die passasiers die trein binne. Almal op pad na die “ edingurgh castle”. Ons sien baie passasiers, hulle dra swaar aan hulle tasse en pakkies wat hulle by hulle het. Ons sien ons kruier seker nog tien keer by ons venster verby gaan. Die trein raak nou tjokvol met mans, vrouens en kinders. Jonk

en oud, kalm en senuagtig. Intussen kom daar mense wat die bank oorkant ons beset. natuurlik is hulle Engels maar gelukkig praat hulle nie met ons nie. Hulle sit ‘n hoed en ‘n tas op die bank en dan verdwyn hulle weer.

Nogsteeds kom daar meer en meer passasiers wat swaar dra aan al hulle bagasie die trein binne.

Telkens word daar na die leë sitplekke oorkant ons gekyk. Party kyk ons vraend aan en dan skud ons maar ons kop. Ek word al bietjie onrustig en wens die mense wil terugkom, want netnou kom daar iemand wat ons dalk kan vra wat gaan aan met die sitplekke oorkant ons. En ja – nes ek gedink het!

Daar kom ‘ngies vrou met n baba op haar arm en reguit stap sy na die leë bank. Sy kyk na ons en vra iets in engels. Later besef ons sy het gevra of die sitplekke beskikbaar is maar ons het gedink sy vra of die plekke beset was, dus ons het ons koppe maar aanmekaar ja geknik. Sy was dol gelukkig met haar plek en begin om haar goed in te rig. Daar kom die twee menere toe terug en eis hulle sitplek op.


Daar word kwaai onverstaanbare woorde gewissel. Hulle wys na die tas en hoed en ons word kwaai aangekyk maar ons voel ons is onskuldig in hierdie voorval en sê maar niks. Die vrou met die baba moes toe maar ontruim en gou sit die twee menere op hulle plek oorkant ons. Nadat die trein nog so rukkie gestaan het kom ons agter dinge is besig om te verander en die trein gaan binnekort vertrek. Die kruiers draf nou haastig en steeds word daar bagasie op die trein gelaai. Haastige passasiers loop van venster tot venster

en kyk of daar ‘n sitplek beskikbaar is.

Op die perron staan daar nog heelwat mense wat kom afskeid neem van hul geliefdes. Daar kom wraggies nog passasiers en hulle word so saam met hulle bagasie die trein ingedruk. Sjoe, maar so stasie is besig!!

Nou gaan ons ry – die trein kom stadig maar seker in beweging. Daar word nog gesoen, hande gedruk, gewaai en gehuil. Ons sit maar met geen uitdrukking op ons gesigte alles en bekyk. Die meeste van die mense sien ons vir die eerste keer. Ons hoop daar is nog hollanders tussen hulle wat ons kan ontmoet.

Dit sal nogal lekker wees. Tot nou toe nog het ons geen Hollander gesien of gehoor nie. Intussen trek die lokomotief al hoe harder aan die waens. Die waaiende mense het verdwyn en die passasiers kom nou tot ruste. Ratelend gaan ons oor die wissels en nou gaan ons met spoed na die dokke van South Hampton.


Ons sien die agterkant van die huise en geboue. Dit lyk maar grys en somber. Geen

sonstraaltjie te sien nie! Ons laat die groot stad Londen gou agter ons sonder enige heimwee in ons hart.

Nou snel die trein voort na South Hampton soder om te stop. Met spoed gaan ons deur dorpe en stede.

Nogsteed laat alles wat ons sien maar ‘n troostelose indruk. Die landskap is nie so plat soos in holland nie en nou en dan ry ons deur ‘n tonnel. Dis seker hoekom die ligte seker heeltyd aan is in die waens gedurende die reis. Die natuur bly maar heeltyd dieselfde, sagte weivelde, sonder die kanale en bootjies soos in Holland maar verder eintlik geen verskil nie. Die feit dat daar geen son is nie bly die dorpe wat

ons deur ry maar troosteloos. Ons mede passasiers sit maar en slaap of lees iets. Verseker is dit maar bitter ongesellig so in die trein. Ons wens om nog Holanders te ontmoed is nog nie vervul nie.

Ek het al vir Marrie gesê daar moet ten minste ‘n paar honderd wees in hierdie trein. Elke keer as die trein spoed verminder dink ek dat ons ons bestemming nader maar nee! Die trip wat ongeveer twee ure sou duur deur die stukkie Engeland voel of ons heelwat langer in die trein sit. Nou verminder ons weer spoed en jy sou sê aan verskeie dinge dat ons nou ons bestemmong nader. Ons ry die stad binne, verby huise en fabrieke.

Ja, dit is South Hampton, stadig bly die trein ry. Verby die stasie na die dokke toe. Nog geen einde in sig nie. Seker omdat ons so stadig ry. Deur die industriële gebied. Waar sou dit eindig? Stadig maar seker vorentoe. Later sien ons die maste en skoorstene van die skepe wat bo die loodse uitsteek.

Dit beteken ons nader nou die hawe! Die mense begin weer onrustig te raak en maak gereed om af te klim.


Die see skepe sien ons nou van naderby – Magtige groot bote met onbekende name op die voor boeg.

Skielik sien ons ook die Edinburgh. Ook n groot skip met so pienk boeg onder en spierwit dek. Nuuskierig bekyk ons die gevaarte waarmee ons die lang reis gaan onderneem. Die trein het intussen ook gestop onder ‘n afdak langs die loopplanke wat skip toe gaan. Daar word voetjie vir voetjie die trein uit geklim –

gelukkig is daar nog baie tyd en die bagasie nog meer!! Daar staan ons toe op die perronnetjie langs ons tasse en kyk na wat die ander mense van plan is om te doen. Kan nog niks uitmaak nie want een draf na die middel van die loods en die ander stapel sy bagasie opmekaar.

Ons bly toe maar rustig staan langs ons tasse en wag. Nogsteeds klim mense uit die trein en die perron is al stampvol. Dis ‘n geruis van stemme en klanke waarvan ons niks verstaan nie. Ek dink ons lyk so bietjie verlore waar ons staan so by

ons tasse. Intussen sien of hoor ons geen bekende gesigte of woorde nie. Die mense begin om met hulle bagasie aan te beweeg en ons besluit ook om maar ons tasse met die hand te vat en saam te beweeg.

Nadat ons so entjie aangesukkel het kom n man in een of ander uniform en verduidelik almal om hulle bagasie neer te sit en daarheen te gaan. Wel, dis wat ons aflei want ons verstaan nie wat hy sê nie.

Almal sit hulle goed neer en stap dan sonder hulle bagasie na die aangewese plek. Bietjie twyfelend laat ons ook ons bagasie in die steek en gaan saam met die stroom na die middel van die loods. Daar is reeds ‘n ry voor die tafels wat daar opgestel is. Agter die tafels sit amptenare wat papiere nagaan en opskryf.

Ons kom agter dis weer n hewige kontrole punt. Die rye word al hoe langer maar af en toe sien ek darrem iemand wat klaar by die tafel was en aanstap sonder sy bagasie. So voetjie vir voetjie skuif ons ook nader.

Ongerus loer ek elke nou en dan terug na die agter geblewende bagasie. Tot my gerus stelling begin manne met trollies al die bagasie bymekaar maak en vat dit die rigting van die skip. Nou verstaan ons ook die nut van die naam kaartjies wat op alle bagasie moet wees. Stel jou voor ons moes gaan soek het vir ons tasse tussen die berg van alle soort bagasie!! Nog steeds luister ons of ons nie tussen al die engels ook n paar hollandse woorde hoor nie! Voor ons staan n meneer en mevrou wat gereeld n paar woorde met mekaar wissel.

Ek sê vir Marrie dat ek dink hulle praat hollands en ons staan so bietjie nader. Ek hoop regtig so want anders staan ons netnou voor by die tafel met n bek vol tande!!


Sal so bly wees as dit iemand is wat ons kan help. Hunkerend en in afwagting wag ons tot hulle weer met mekaar praat voordat ek hulle sal aanspreek. Wil eers seker weet dat dit is wel Hollanders. Ja, af en toe fluister hulle iets aanmekaar en dis defnitief nie engels nie maar verseker ook nie hollands nie.


Ek sien toe maar af van my planne om hulle aan te spreek. Ek dink hulle is vlaams of so iets.

Nou ja, skielik is dit ons beurt en weer dieselfde ou liedjie. Kontrole van ons paspoorte en papiere en na ‘n paar engelse vrae en hollandse andwoorde skuif ons na tafel nommer twee. Nou word ons boot- kaartjies gekontrolleer en dan weereens doeane. Dis nou al langer as n uur wat ons so slenter deur die loods en nadat doeane tevrede is mag ons die loopplank opgaan, vergesel deur ‘n kruier met ons bagasie.



Ons kom binne in so aankoms saal deur ‘n dik glasdeur en dik matte in die middel van ons drywende hotel. Ons is maar gewone mense en ons verkyk ons aan alles. Baie tyd om rond te kyk is daar ook nie.

Die skeepportier kom kry ons bagasie by die stasie kruier en die wag eers vir sy fooitjie. Hy kry sy fooi en ons stap agter ons wit jassie portier aan.


DIE SEE REIS

Ons stap deur lang en smal gange met cabins en nogmaals cabins weerskante al agter die man aan op soek na ons cabin, nommer 65 G. Nog trappe af en deur nog gange en dan is ons by ons kajuit.

Die tasse staan al voor die deur en die man met wit jas het al weer verdwyn. Die kajuit het twee enkel beddens. ( stapel beddens ) Een bo en een onder. Daar is ook ‘n wasbak met warm en koue water en dan ‘n kas vir elkeen van ons. Dit is maar klein en beknop en daar is geen patryspoort nie aangesien ons kajuit nie op die kant is nie maar binne. Gelukkig is daar lugreeling wat die heeltyd vars lug in blaas.


Al gou het ons uitgepak en toe gaan ons dadelik op soek na die eetsaal want teen hierdie tyd is ons goed honger. Om eerlik te wees sien ons op daarteen om tussen n spul engelse te gaan sit en eet maar ons moet maar vrede maak daarmee. Logies want veertien dae lank moet ons vier keer per dag daar eet of tee drink ens.

In die eetsaal sit daar n klomp mense by lang en kort tafels wat netjies gedek is. Daar is baie kelners wat draf met verkillende kosse. ‘n Hoofkelner wys ons netjies ons plek aan by ‘n lang tafel waar daar nog so sestien ander mense sit. NATUURLIK almal engels. Dit lyk of al sestien ons sit en aangaap.

Hulle kom gou agter dat ons wildvreemd is en kan ook nie ‘n woord engels kan praat nie. Party is klaar geeet en ander is besig om te eet of hulle word nou bedien. Sjoe, daar is n klomp messe , vurke en lepels

om elke bord gerangskik. Ek begin saggies fluister aan Marrie om te hoor wat moet ek met al die goed doen.


Gelukkig weet Marrie so bietjie van hoe dit werk. Intussen kom die kelner en druk n spyskaart onder ons neus. Ek kyk na Marrie en vra “ Waarvoor is jy lus” maar ook sy het ook haar aptyd skielik verloor, lyk dit vir my.

Die kelner wag met die spyskaart in sy hand – wat sal ons vandag eet? Vinnig scan ek weer die spyskaart in sy hand:.


DINNER d’ADIEU

VELOUTE PORTUGAISE

SEPREME OF PLAICE MILANAISE

BRAISED PALE HAM WITH SPINACH

SHOUDER OF LAMB, MACEDOINE

ROAST SURREY CHICKEN, BREAD, CABBAGE

COLD BUFFET

ROAST BEEF, HORSERADISH CREAM

MALVERN BRAWN, PICKED BEETROOT


SALADS

PLAIN DRESSED

ROQUEFORD MEXICAINE FINES HERBS

LEMON


SWEETS

BAKED CORNISH ROL

BAVAROISE AN CONFITURE

CHOCOLATE ICE CREAM

CHEESE – CHEDDAR


DESSERT – COFFEE


Nou hoe maak ‘n mens nou ‘n keuse !! Maar nou ja, ons moet ‘n besluit maak dus ek wys toe maar op goed geluk ‘n paar items aan. Nou weer is dit Marrie se beurt en met spoed is die kelner weg om ons kos te gaan haal. Om ons sit mense op hulle gemak met messe, vurke en lepels van die vreemde goed op hulle borde te eet. Ons sit maar rustig en wag.


Dan kom die kelner en met ‘n swierige draai en swaai sit hy ons borde voor ons neer. Alles lyk lekker!!

‘n Paar aardappeljies, dop ertjies so groen dit lyk eintlik na mislukte blou. Dan nog iets wat ons nie herken nie. Met wat huiwering bekyk ek die bord voor my voor ek begin eet. Maar ag wat – eet moet ons eet, dus soek ek maar solank ‘n mes en vurk uit in die stapel hier voor ons en gou sit ek met ‘n ertjie agter in my kies. Sonder om na my tafel bure te kyk sit ek selfondaan te eet. Ek kyk vlugtig na Marrie en sien sy sukkel ook maar. Maar ja, wat maak dit nou saak!!


Eintlik is dit ook die skuld van die ertjies dat dit verkeerd loop. Herhaaldelik skuif ek dit mooi op my vurk met my mes en dan vining in my mond voordat hulle begin rol. Maar skielik, seker verkeerd opgestapel op die vurk, rol die ertjies oor die tafel en tot op my skoot. My vurk bereik my mond leeg!! Ek voel hoe my tafel bure lag en van toe af geniet ek glad nie meer die onaantreklike, smakelose goed in my bord nie. Rooi in die gesig van inspanning prober ons tog nog iets te eet.

Maar nie lank nie toe gee ons beide op en die kelner is vining by om ons borde te verwyder. Tot ons spyt druk hy toe weer die onleesbare spyskaart onder ons neus. Ek onthou ek het iets gesien van chocolate icecream en aangesien ek ander mense sien roomys eet het, besluit ons daarop en gelukkig is dit toe die roomys.

Vinnig sonder voorval is dit na binne en toe blyk die ete afgehandel te wees. Nou bring hulle gelukkig nog koffie wat ons versigtig drink en gaan toe met ons leë mae terug na ons kajuit.


Bietjie mistroostig kyk ons mekaar aan want moet ons nou regtig veertien dae so tussen die Engels deurbring??

Ons lang verwagte seereis lyk skielik nie meer so rooskleurig nie!!


Maar nadat ons mekaar so bietjie moed ingepraat het gaan ons op verkenning uit. Deur die lang gange wat taamlik bedrywig is, loop ons die skip deur. Trappe op en skielik weer op die dek waar daar al heelwat passasiers staan en kyk na die voorbereiding van die vertrek van die skip.

Groot magtige hyskrane is besig om telkens sy vrag af te laai in die ruim van die boot. Telkens dink ek dat ons krat met huishoudelike goed ook sien maar dit lyk maar net so. Intussen doen ons ons bes om landgenote te ondek maar sovêr wat ons loop en luister na die mense wat by die reeling staan of loop,

hoor ons net Engels en nog wat Engels.


Die skip word al hoe voller soos wat die kaai leeg word. Die vertrek kom al hoe nader. Met ‘n skrikwekkende, donderende geloei blaas van die stoomfluit. Seker om vir die mense wat laai te sê hulle moet nou gou maak. Met verwondering kyk ons na hoe die manne skarrel om als gereed te kry om te vertrek. Intussen gaan staan daar ‘n paar mans by die toue ( so dik soos n man se voor arms ) waarmee die skip vas gemaak is, gereed om los te maak.


Na so rukkie, toe die stoomfluit weer blaas, lyk dit of alles gelyk gebeur. Die hyskrane stop, loopplanke word verwyder en die Engelse volkslied word gespeel.

Die toue word losgemaak en die skip beweeg stadig weg van die kaai. Dis op die moment dat ons skiellik Hollands hoor hier agter ons. Sommer gou maak ons kennis met die familie Vink. Man, vrou en twee kinders. Ons bespreek die bootreis wat voorlê .


Intussen het die skip heeltemaal weg beweeg van die kaai en beweeg stadig maar seker seewaarts.

Die hawe word kleiner hoe verder ons weg beweeg. Daar is heelwat om te sien soos ons verder gaan.

Ons vaar verby ander skepe asook klein bootjies. Ook vaar ons verby vliegtuie wat saggies op die golwe wieg. Daar is rooi, wit en blou sirkels op geverf en ek vertel dat dit hollandse see vliegtuie is. Later twyfel ek toe weer maar los dit maar so. Terwyl mev Vink haar lewensverhaal vertel vaar die “Edinburgh” voort en word die land al hoe kleiner. Dis met geen heimwee dat ons sien hoe Engeland in sy grysheid agter ons al hoe kleiner word. Heelwat later, toe die kuslyn vervlou en toe heeltemaal verdwyn, gaan ons

en die familie Vink verder op verkenning uit.


Daar is van alles hier op die boot. ‘n Sondek, wandeldek, rooksaal, biblioteek, sitkamers ens, ens. Hier kry jy alles. Daar is tot ‘n winkel waar jy omtrent enige iets kan koop asook ‘n haarkapper salon. Soos ons ons ore en oë kos gee leer ons die skip asook fam Vink al hoe beter ken. Meneer Vink kom uit Zandvoort en is so veertig jaar oud. Hy is ‘n loodgieter en werk vir homself. Hy sien geen toekoms daar vir homself nie. Hy het ‘n vrou en twee kinders, het effense grys hare en is heel sterk gebou. ‘n Aangename en goedhartige man. Mev Vink: vinnig met haar eie wil en is die baas van die hele spul. Sy lyk na ‘n gewone huisvroutjie en kan nie dink dat sy Engels kan praat nie.


Sy het heelwat Engels geleer toe sy haar gevorderde skool opleinding gedoen het. Ons besluit om voortaan saam te gaan eet want dit sal baie meer gesellig wees. Dadelik na die eetsaal om te vra of is daar nog plek by die Vink’s se tafel en ja, gelukkig nog net twee. Ongelukkig nie langs hulle nie maar so skuins oorkant. Dis ook goed. Die aand gaan ons met nuwe moed die eetsaal binne. Die tafel van vanmiddag waar ons vroeer gesit het (met die laggende engelse ) is gelukkig ver van ons af. Die Vinke sit

alreeds. Nie langs ons nie maar so vyf stoele verder.

Ek sien dadelik hoe vader Vink so halwe broodjie, sonder vurk in sy mond prop. Ek dink die man steur hom nie aan die engelse se maniere nie. Hy dink net aan sy kos en verder voel hy vere. Ons sit heelwat rustiger as by die middag ete. Ek sit op die hoek van

die tafel met Marrie regs van my. Reg oorkant my sit ‘n engelse egpaar wat vriendelik knik sonder die ongepaste nuuskierigheid. Langs hulle ( tot ons verbasing ) sit twee hollandse meisies van so ongeveer twintig jaar. Die stillerige man langs Marrie blyk ook ‘n hollander te wees.


Ons voel glad nie meer so eensaam en verlate soos by die middagete nie! Terwyl ek my broodjie netjies met mes en vurk in agt verdeel vorder my tafel genote al goed met hulle maaltyd. Maar dit maak nie saak nie.

Alles het verder netjies verloop. As ek my eerste happie netjies met my vurk in my mond sit en begin kou sien ek die engelse paar oorkant my, vat so nou en dan ‘n happie van hulle sop met ‘n lepel en dan normaal ‘n stukkie brood afbreek met hulle hande en in hulle mond prop. Nou ja, dan gaan ons ook maar sop bestel. Langs ons borde is die menu maar as die kelner kom wys ek net vlugtig na die sop borde oorkant my en die kelner knik en stap weg. Sjoe, dit is baie makliker as om die menu te probeer

lees!!

Die kelner het gou verstaan, en gou bring hy so deurskynende vloeistof in ‘n diep bord. Die smaak is goed maar gou sien ons die bodem van die bord. Na die sop bestudeer ons, saam met ons hollandse buurman weer die spyskaart. Die gevolg daarvan bring die kelner ons borde met drie verskillende goedjies op wat waarskynlik n aartappel, slaai en iets wat lyk soos beet, voorstel. Ek sien dat ook die ander hollanders sit en sukkel met die ligte versnappering. Dit is duidelik dat ons hollanders nie sulke kos gewoond is nie. Gelukkig gaan dit aan tafel baie beter as met die eerste ete. Ons buurman blyk

‘n gesellige prater te wees. Hy steur hom nie veel aan ander nie en eet net wat hy ken en skuif die res af op sy kleinbordjie. Hy vertel ons sy van is van Rooyen en hy reis alleen. Sy vrou en twee kinders bly eers in Holland en sal later kom as hy eers gesettle is in afrika.


Ook hy hoop op ‘n beter toekoms.

Hy is ‘n stucadoor – dit beteken hy doen pleisterwerk – bouwerk en hy dink hy sal heelwat meer kan verdien in Suid afrika. Ondertussen is die maaltyd byna verby. Ons drink nog koffie en dan soos die eeste ander gaan ons ook na ons kajuit. Ons kom toe agter dat van Rooyen die kajuit langs ons beset wat beteken dat hy gedurende die reis ons buurman is. Ons hou baie daarvan veral toe ons oor dat die persoon met wie hy sy kajuit deel is ook ‘n hollander. So dit lyk darrem of daar heelwat hollanders op die boot is al het ons eers getwyfel aan die begin. van Rooyen se kajuit genoot kom in en ons sien dit is ‘n klein mannetjie met ‘n vriendelike gesig. Ook hy is baie bly dat ons nou vier

hollanders bymekaar is. Soos wat hy vertel wie en wat hy is en van Rooyen ook, vertel ons ook wat is ons planne. Dit word nogal gesellig so in die kajuit van die Edinburgh. Na ‘n tyd besluit ons vier om so bietjie dek toe te gaan. Weer stap ons deur die gange en trappe op en dan is ons op die helder verligte dek.


( Foto: van Rooyen – Marrie – Mondoit )

Die see om ons is in beroering, spookagtig in die lig van die skip. Verder is dit donker om die skip.

Waar ons ookal kyk sien ons geen ligte van ander skepe nie. Tog is dit lekker om oor die donker see te staar en te luister na die golwe wat breek en die gebrom van die motore wat die water in skuim skommel agter ons. Lank staan ons die eerste aand op die skip so teen die reelings elkeen met sy eie gedagtes. My gedagtes spring van Holland na Afrika en Afrika na Holland.


Die bure, van Rooyen en Mondoit is nie meer vreemdelinge vir ons nie. Dit voel of ons mekaar al jare ken. Nadat ons nog so wyle gestaan het besluit ons om te gaan slaap. Ons wonder almal oor hoe dit gaan voel om op die skip te slaap. Al geselsende stap ons na ons kajuite en besluit om dadelik te gaan slaap want teen die tyd is ons al lekker moeg. En daar lê ons dan. Marrie in die boonste bed en ek die onderste een. Elkeen het sy eie bedlampie asook n ventilasie klep wat jy kan stel om harder of sagter te blaas. Nadat die lampies af is lê ons nog so bietjie en word gewoond aan die beweging en

geluide van die skip. En dan slaap ons rustig terwyl die edinburgh voort vaar op die donker see oppad na Afrika.


Nou is daar einlik geen verskil tussen die dae nie. Voel of elke dag maar dieselfde is en die belangrikste van elke dag is maar die etes saam met al die kajuit passasiers in die eetsaal. Ons het al intussen gewoond geraak aan al die engelse maniere. Die hollanders aan boord soek mekaar die heeltyd op en sodoende word dit al hoe meer gesellig aan boord. Dit is mooi weer dus bring ons n groot gedeelte van die dag op die dekstoelle deur wat op die agterste dek staan. Ook staan ons vier gereeld teen die reeling agter en gesels terwyl ons kyk na die bruisende golwe agter die skip.



So gaan die dae verby terwyl ons al hoe bruiner word deur die warm strale van die son. Aan die einde van die gang hang ‘n kaart wat die bootreis wys van Engeland tot in Kaapstad. Elke dag word daar aangeteken hoe ons vorder met die reis. Dit is fantasties om te sien hoeveel seemyl die boot doen in vier en twintig uur. Ons vorder fluks. ‘n Mens kan op die kaart sien asook voel aan die warmer weer dat ons al hoe nader kom aan Madeira. Ons sien uit na Madeira want dit sal ‘n welkome afwisseling

wees van die eentonige lewe op die skip en deinende see.

Een oggend toe ons opstaan hoor ons aan die drukte op die skip dat iets is aan die gebeur. Ons besef dat ons die dag by Madeira aangaan en dit is vir ons ook belangrik genoeg rede om so gou moontlik op die dek te kom.


By die reelings staan en drom daar baie passasiers saam en almal kyk in een rigting. Ons sien in die verte, nog so bietjie wasig, die land Madeira. Dit sal nog ‘n hele ruk vat voordat mens meer detail sal kan sien. Dus gaan ons weer na onder om te gaan eet.

Eiers met ham en ‘n vierkantige snytjie brood. Die ontbyt is gou afgehandel. As ons weer op die dek kom sien ons dat Madeira sommer heelwat nader gekom het. Dit is immers die moeite werd om te wag om nie die aankoms te mis nie. So leunend oor die reelings sien ons dat die seewater pragtig lig blou van kleur is. Ook val dit ons ook op dat die see baie kalm is. Stadig vaar die skip voort deur die kalm water.

Die eiland kom al hoe nader en ons kan al wit huisies sien,




lyk so eensaam en verlate so teen die berg hellings. Op die afstand kan ons nog geen lewe sien op die eiland nie. Dit is wel baie mooi en ek neem heelwat foto’s. Later, soos wat ons nader kom, sien ons al paaie wat teen die bult opgaan met karre wat ry en heelwat meer huise en ander geboue. Van die strand af kom daar nou klein roei bootjies in die rigting van die skip. Dit begin nou spannend te word deurdat ook motorbote al hoe nader die rigting van die skip kom. Die Edinburgh vaar nou baie stadig

rigting die eiland en naderende bootjies.


Die motorbote is eerste by ons en groet ons met ‘n fluit terwyl hulle stadig om die skip vaar. Op die motorbote is daar manne in wit uniforms wat eerste op die skip klouter die oomblik wat die anker gesak het. Seker maar om eers alle papierwerk af te handel. Intussen het ook die roei bootjies met bruin gebrande seuns en jong manne in, by die skip aangekom. Soos ons verstaan soek hulle kleingeld.

Omtrent al die passasiers van die Edinburgh hang oor die reeling en kyk. Vannaf al die dekke, bo ons, onder ons, en op die voorste dek by die eerste klas, oral hang die passasier en kyk na die gewriemel van al die roeibootjies onder ons op die helder blou water.


Skielik begin al die bruin gebrande seuns op die bootjies te roep en te skreeu. Verstaan nie wat hulle sê nie maar verstaan wel wat hulle bedoel.

Dit is die bedoeling dat die passasiers muntskukke moet afgooi en dan duik die seuns dit agterna.



Sjoe, daar word sommer baie muntstukke in die see gegooi. Ons staan verstom en kyk na die

behendigheid waarmee die seuns al die muntstukke agterna duik en uithaal. Ook ons gooi van ons

kleingeld in en gou kom ons agter dat hulle soek nie die kopergeld wat nie blink nie, maar silwer wat

meer werd is. Sonder dat ons dit werklik agter gekom het, het daar groter roeibote aangekom. Hierdie

bootjies is vol met items wat hulle verkoop. Daar is sonhoede, mandjies, kleding stukke en in kort

omtrent alles wat op madeira gemaak word en dan verkoop word aan die toeriste.


Met groot behendigheid word ‘n tou gegooi tot op die dek waarmee daar dan ‘n mandjie opgehys word en dan word die geld daar ingesit en weer laat sak, dan word dit wat jy koop weer in die mandjie gesit en weer optrek. Ons self besluit om dit nie te doen nie al is die verleiding groot om die een of ander te koop. Seker is ‘n groot rede ook maar die feit dat ons die engelse geldwaarde nog nie so mooi onder die knie het nie.




Toe ons hoor dat teen ‘n geringe fooi, is daar geleentheid om aan land te gaan, het ons drie ( Mondoit en ons ) gou besluit om dit wel te doen. Na so rukkie kom daar motorbote langs die skip wat dan die passasiers wat wil, aan land sal neem. Daar is alreeds ‘n lang ry van mense wat wag by die leer wat van die skip afhang. Daarmee klim ons dan af tot in die bote. By die vierde boot is dit ons beurt om in te klim. Op die wal staan daar baie van die plaaslike bewoners en kyk na die passasiers wat eiland toe kom.


Sodra ons aan wal gaan is daar baie verkopers wat iets verkoop. Van piesangs tot blomme en kaartjies vir ‘n rit met ‘n kar om die eiland. Ons bly maar die heeltyd ons kop nee te skud en na so vyf of meer meters wat hulle saam gestap het, los hulle jou en gaan dan vinnig na die volgende toeriste.


Soos ons van die kaai afstap merk ons op dat die eiland bewoners netjies aangetrek is. Hulle dra dieselfde klere as ons in europa. Al verskil is dat hulle ‘n ligte bruin vel kleur het. Alhoewel, ons sien eintlik alle kleure, swart, bruin ,geel en wit. Aan die einde van die kaai staan daar ‘n ry taxi’s -

( Ou karre maar goed onderhou ) asook waens wat deur osse getrek word.




Almal wag op passasiers wat van hulle gebruik wil maak.

Daar is heelwat passasiers wat gebruik maak van hulle maar ons besluit om te voet te gaan verken. Ons was geensins spyt oor ons besluit nie. Ons drie het dit baie geniet en dit was lekker om so te slenter deur die straatjies. Party strate was nou en soms opdraand maar dit gaan goed. Heelwat klein winkeltjies met

hulle koopware op die sypaadjie voor uitgestal.


Vreeslik baie souweniers te koop. Vroue in pragtige helder kleurige rokke met blomme mandjies op hulle koppe stap gereeld ‘n entjie saam en vra of ons nie blomme wil koop nie. Maar nee, voorlopig koop ons eers niks. Die stadjie is nou vol van verkopers nadat honderde passasiers Madeira binne stroom. Steeds word daar meer hooter gedruk om ons te laat padgee deur die vol gelaaide karre/taxis.

Almal is baie vrolik! Van die passasiers wat ons nog nooit aan boord gesien het nie waai nou vir ons asof ons beste vriende is. Maar wat, ons waai maar vrolik terug. Steeds loop ons maar deur die steen straatjies, en daar is heelwat om te sien.

Op ‘n groot steenbrug, wat oor ‘n droeë rivierbedding gebou is, staan ons so bietjie stil. Mens kan aan die klippe op die bodem sien dat daar in die verlede al baie water oor gestroom het. Seker in die reen seisoen wat die water van die berge af kom sal dit ‘n rowwe rivier wees wat deur die dorp stroom, tans lyk so rustig. Nou groei daar vuilgoed op die bodem en tussen die klippe sien jy akkedisse en ander ongediertes.




Ek bly maar besig om foto’s te neem elke keer as ek iets moois of interessant sien. Daar is baie en gou is so film rolletjie vol en moet ek ‘n nuwe een in die kamera sit. So stap ons toe verder op soek na ander mooi plekkies. As ons so langs die rivier bly stap kom ons weer by die see uit want die rivier mond uit in die see. Ons moes dit seker gweet het. Ons stap toe maar weer terug die stadjie in.

As ons omkyk sien ons in die verte die edinburgh in die see waaar hy geanker lê. Dit laat ons goed voel

dat die skip vir ons wag maar voorlopig verken ons nog die sonnige Madeira. Wanneer ons so steil straatjie opstap word ons skielik aangespreek deur ‘n eiland bewoner. Hy praat engels en gelukig kan Mondoit engels verstaan en praat en vertel hy ons wat die Manderees te sê het.

Die man wil ons graag al die mooi plekkies van Madeira wys. Ons is aanvanklik agterdogtig want seker gaan hy dit nie verniet doen nie en aan die einde sit ons dalk met ‘n stewige bedrag wat betaal moet word. Toe die man sien dat ons nie van plan is om van sy dienste gebruik te maak nie verduidelik hy dat hy dit net vriendskaplik

bedoel en nie geld vra daarvoor nie. Nou ja, dit verander die prentjie. Nou is dit vier van ons wat verder stap. En werklik waar, ons is glad nie spyt dat ons sy aanbod aanvaar het nie. Hy wys ons die pragtigste geboue met die mooiste tuine.



So mooi het ons nog nooit gesien nie. Ons stap deur klein straatjies met pragtige vreemde bome weerskante met die berge in die agtergrond. As ons later in die middedorp kom wys hy ons al die verskillende vervoer middels. Daar is karre, ossewaens en fietse. Ook sien ons heelwat scooters, eintlik maar fiets met ‘n enjin. ( In holland is ook van hulle genoem ‘n mosquito, Tipe van help-my-trap )


Ons geniet die uitsonderlike rustige lewe hier op Madeira, so anders as die lewe in Europa waar almal haastig is. So pratende lei ons gids ons na weer wat stiller straatjies. Hy neem ons na ‘n buurt soos wat hy verduidelik, waar die druiwe groei so teen die berghang en hier word druiwe gepars en wyn gemaak. Inderdaad sien ons die onooglike pakhuise waar bottels en vate opgestapel is. Trots verduidelik ons gids oor hoeveel wyn hiervandaan die wereld ingaan. Ons kan duidelik agterkom, gesien aan die hoeveelheid karre,waens en taxi’s met toeriste, dat hierdie straatjies met die gladde stene baie gewild is.


Ons gids vra of ons bietjie van die wyn wil proe en ons staan toe al klaar voor so pakhuisie waar mense tussen en op vaatjies sit met klein glasies in die hand. Ons stap huiwerig agter die gids die pakhuis binne waar hy dadelik so paar klein vaatjies regskuif vir ons om te sit. In die middel ‘n groter vat wat dien as ‘n tafel. So, daar sit ons als te danke aan ons gids. As ons so rondkyk sien ons nog passasiers wat om so ronde tafeltjie sit met wyn glasies voor hulle.

Nog so ossewa stop voor die deur en die passasiers word vriendelik dog dringend versoek om na binne te gaan vir ‘n lafenis. Die wa drywer neem dadelik die voortou en drink al klaar sy eerste glasie. Die passasiers het eintlik geen keuse as om ook maar af te klim en na binne te gaan en ook plaas te neem op die klein sit vaatjies. Ons beskou alles en met ‘n glimlag kom ons agter dat al die gidse en drywers en ook ons behulpsame gids aandeelhouers of so iets is van hierdie besigheid.

Ons gids krap tussen die bottels en kom vra wat se soort wyn ons wil drink.


Aangesien ek geen wyn kenner is nie en geen verskil tussen ‘n ligte of goeie wyn ken nie los ek die besluit maar in Mondoit se hande wat hy ook met graagte doen. Bietjie later sit ons rustig en proe aan koue Mandeira wyn. Dit is regtig lekker en gou is ons glasies tot op die bodem leeg. Ons gids is gou weer by om ons glasies te vul, en soos wat hy ook die ander besoekers bedien vermoed ons dat hy moontlik die eienaar van die besigheid kan wees. Elke keer kom hy met nog ‘n beter, koeler en soeter goed beleë wyn vorendag.

Stagig maar seker proe ons al hoe meer van die lekker wyn en toe kom vra ons gids hoeveel van watter bottel ons wil koop.

Dit is tog eintlik waarvoor ons daar is.

Om wyn te koop. Mondoit is lus om een of twee bottels te koop wat vir hom lekker was. Daar is gewone bottels maar ook bottels wat in so mandjie om gevleg is. Bedoel om die wyn koel te hou en as aandenking te dien. Modroit koop slegs die gewone bottels en dit was teen’n billike prys waaroor hy hoogs in sy skik is.

Intussen het daar nog passasiers ingekom en almal sit en geniet van die heerlike wyn. Somer gou heers daar ‘n gesellige atmosfeer in die half donker pakhuis met so ietwat van tipiese wyn reuk.

Daar word goed sake gedoen gesien aan die hoeveelheid bottels ( met en sonder mandjie ) wat by die deur uitgaan.

Ons besluit om ook verder te gaan en ons gids waai net vriendelik vir ons want hy is nie van plan om die besigheid nou te verlaat nie en hy bly by sy klante in sy wyn pakhuis. Ons beweeg weer see se kant toe aangesien ons op tyd wil wees by ons skip. Ook ander passasiers beweeg stadig maar seker na die plek waar ons aan land gekom het.

Nogsteeds probeer mense goedjies aan ons te verkoop en soos ons nader aan die see kom word dit al hoe erger. Die motorboot wat ons terug sal vat na die skip is al gedeeltelik gevul met passasiers en ons drentel maar tussen die winkeltjies rond terwyl ons wag dat die boot voller word. Baie winkeltjies wat almal artikels verkoop wat aan die land behoort naamlik gevlegde mandjies en fyn geweefde materiaal

ens.

Vrugte van alle soorte is volop te koop. Dit is klein vruggies maar smaak baie lekker. As ons sien dat die boot begin vol raak gaan kry ons ook ons sitplekke.

Die meeste passasiers het groot hoeveelhede souweniers by hulle wat hulle aan land gekoop het. Op pad na die skip bewonder hulle mekaar se goed wat hulle gekoop het. Die een sin mooier en groter as die ander een sin.

Soos ons Edinburgh nader sien ons dat die klein bootjies met die duikers, en die ander wat nog steeds goedere probeer verkoop, nogsteeds al om die skip roei. Ons vaar so tussen hulle deur en sien die seuntjies is al blou van die koue water.

Al is dit volgens ons standaarde glad nie koud nie. Hulle stemme is al hees geskreeu soos wat hulle muntstukke vra by die passasiers wat agter gebly het. Maar die lus om geld in die water te gooi is lankal nie meer daar nie.

Wanneeer ons die loopplank, of te minste die leer wat van die skip afhang, op klouter en ons op die skip is, kom ons agter hoe moeg is ons van al die rondslenter op Madeira. Ons het ons gou gaan opknap en is toe na die dek om te sien wat daar aangaan. Net betyds om te sien hoe die bruin duikerjies met toue teen die skip opklim en dan ‘n kollekte hou om dan van die hoogste punt weer in die blou water af te spring. Die verkopers skreeu hard om om die laaste verkope te doen en verbasend word daar nog

heelwat verkoop.

Dit word weer baie besig so op die dek aangesien al die passasiers weer terug is.

Die verkoper het intussen ook met toue aan boort geklouter met die koopware en word die dek nou byna soos ‘n mark met hoede en klere ens. Jammer vir hulle blaas die harde stoomfluit om aan te dui dat ons binnekort gaan vertrek. Vinnig word die koopware opgepak en laat sak tot in die bootjies.

Nou kom daar ‘n soort polisie boot met manne in wit uniform wat die klein bootjies verwilder weg van die skip af.

In ‘n minimum van tyd is al die klein roeibootjies op ‘n veilige afstand weg van die skip. As die ankers gelig word en die skip kom stadig in beweging word daar weer met die stoomfluit geblaas om afskeid te neem van Madeira, en as andwoord eggo dit terug vanaf die berghange van die eiland.

Soos die Edinburgh weg vaar neem ons afskeid van die eiland, die sonnige Madeira!.


Tydens die aandete is die vrolike stemming van die passasiers goed merkbaar. Almal is besig om mekaar te vertel wat hulle alles beleef en gekoop het op die eiland. Dit is asof die aand al die Engelse, en ook ons, meer vriendeliker en losser met mekaar omgaan. Dit was werklik ‘n baie lekker gesellige aand waar almal hulle stywe tafel maniere vergeet het. Verder word die vreugde vergroot met die wete dat ons die volgende dag by Las Palmas sal aandoen. Alhoewel die meeste skepe net by Madeira stop, gaan

die Edinburgh ook op Las Palmas stop om stookolie in te neem. Daar is ‘n tekort van stookolie in Engeland as gevolg van die Persiese olie geskil. Dus, danksy die olie geskil gaan ons Las Palmas te siene kry.

Natuurlik gaan ons gebruik maak van die kans om weer aan land te gaan!!



( Foto: Las Palmas )


Las Palmas en Madeira is werklik nie ver van mekaar af nie want vroeg die volgende oggend vaar ons die hawe op Las Palmas binne. Daar word weer met genoeg belangstelling gekyk na die aankoms deur al die passasiers. Al lyk Las Palmas met eerste indrukke nie so vriendelik soos Madeira nie, is dit tog interessant genoeg om alles van die aankoms te sien.

Anders as Madeira is hier ‘n groot hawe met hyskrane en pakhuise met opgestapelde goedere. Groot en klein skepe le langs die kaai besig om op of af te laai. Voertuie laai op en af en kortom is daar n hele bedrywigheid aan die gang.

Die Edinburgh kom stadig nader aan die kaai waar manne reeds gereed staan om die toue te vang. Weer staan al die passasiers aan die eenkant van die skip om niks te mis van die aankoms nie. Vanselfsprekend is ook ons Hollanders teen die tralies om te sien hoe die skip saggies teen die kaai aanskuif en vas gemaak word met die arm dikte toue. Baie gou is daar pype aangelê wat die stookolie pomp na die tenks op die skip.

Soos baie ander passasiers gaan maak ons ons self gereed om aan wal te gaan en om net soos in Madeira, Las Palmas te gaan verken.


Met kamera, paspoorte en geld, en die belangrikste van alles, jou bewys dat jy ‘n passasier is van die Edinburgh sodat jy weer aan boort mag kom, ( anders bly jy dalk agter ) gaan ons die loopplank af. Soos regte toeriste wat die vreemde onbekende eiland besoek, stap ons op die kaai waarvan die die einde nog nie in sig is nie. Kamera slingerend oor die skouer!

Hierdie keer is ons vier want behalwe Mondoit het van Rooyen ook saamgekom. Vrolik stap klein en groot groepe passasiers oor die kaai terwyl heelwat ook taxi’s neem, wat in lang rye gereed staan, om hulle na die stad te neem.


Ons kom op ‘n gedeelte van die kaai waar verskeidenheid van verkopers hulle stalletjies opgeslaan het, en van alles waaraan jy kan dink, word uitgestal om verkoop te word. Van gevlegde en veelkleurige geweefde goedere, dasse en doeke asook kassies met inlegsel tot vulpenne, kameras en horlosies.

Baie verleidend vir die “ ryk toeriste” om geld uit te gee. Dit is opvallend om te sien dat dit so baie verskil van Madeira waar daar niks te sien was van al die moderne, luukse items van Amerikaanse afkoms, wat hier te koop aangebied word. Alhoewel daar nog steeds genoeg plaaslike items van Las-Palmas opgestapel in die stalletjies is, is die meeste maar horlosies en parker vulpenne waarmee mense van alle rasse, pogings aanwend om dit teen duur pryse aan die passasiers te verkwansel.


Ons skud maar net ons kop teenoor die wat so drie tot twintig meter met ons saam stap voordat hulle ons vinnig los en ander mense gaan soek waar hulle ontslae kan raak van hul goedere. Intussen het ons verneem dat die sentrum van die stad so een uur se stap van die hawe af is. Ons besluit toe om maar ‘n taxi te neem. ( Ook om weg te kom van die lastige smouse ) Ons vier bespreek die bedrag wat ons moet betaal vooraf met die taxi bestuurder met sy wit jassie. Ons wil net voorkom dat ons nie na die tyd te veel moet betaal nie.

Hy vra ons tien sjieling om ons tot by die sentrum te neem.

Deur bree geteerde strate, met baie karre, trems, busse en so hier en daar ‘n esel karretjie wat hoog gelaai is met sy goedere, vleg ons deur die verkeer. Op volle vaart bekyk ons die stad Las-Palmas. Dit is ‘n moderne stad met groot en klein winkeltjies, hotelle, kafees en alles wat nog by ‘n stad hoort. Daar is baie mense van alle rasse, wit, lig en donker bruin en geel wat op die sypaadjies drentel asof hulle niks anders het

om te doen nie. Ander sit weer op die terasse en drink iets wat lyk soos koue koeldrank, wat in hierdie hitte natuurlik glad nie snaaks is nie.


Die taxi bestuurder het besluit ons is nou naby genoeg aan die sentrum van die stad en nadat hy gestop het versoek hy ons vriendelik om uit te klim. Wel, dit is wat ons verstaan uit sy gebrabbel. Ons staan nou in ‘n besige straat en betaal gou die taxi waarna hy vinnig vertrek. Ons bekyk die naaste winkels en hier sien ons ook verskeidenheid van artikels wat te koop is maar dis taamlik duur. Van Rooyen wat graag

‘n horlosie wil koop staan by elke winkel venster en kyk en werk dan uit wat dit kos in hollandse geld.

Nie een winkel gaan hy in nie want dit bly te duur. Ons stap dus verder. Ook Las-Palmas het sy eie karakter, so half modern en half ouderwets, met ‘n mengelmoes van inwoners wat lyk asof hulle van enige plek in die wereld af kom en hier beland het. Vandaar die rede vir pragtige strate met pragtige winkels en dan weer klein straatjies met honderde klein, onversorgde huisies en slordige winkeltjies.

Dit is baie interessant om alles so te verken en ook nou sien ons heelwat van die ander passasiers.

Daar waar dit opvallend mooi en interessant is, neem ons foto’s en toe besluit ons om iewers iets te gaan eet of drink.



( Foto: Marrie op die plein )


Op ‘n gesellige, vol groot volgroeide bome, en waar die duiwe al soekend na kos rustig rondloop, kry ons sitplek. Ons neem plaas by ‘n tafeltjie naby die groot oopstaande deure en wag om bedien te word.

Die kelner wat besig is by ander tafels wys ons dat hy ons gesien het en ons nou sal kom help. As hy later by ons kom bestel ons ‘n koel drankie om ons dors te les. Hy bring vir ons vrugtesap met ysblokkies.


Terselfde tyd staan daar ook ‘n meneer by ons tafel wat alweer horlosies en vulpenne het wat hy verkoop. Terwyn ons aan die strootjies suig beduie ons dat ons nie belangstel nie en niks wil koop nie maar hy bly staan en verduidelik al die voordele en goeie kwaliteite van sy produkte. Intussen bly hy oor sy skouer kyk of daar nie polisie of iets wat hom gaan betrap nie.

Dit blyk soos ons verstaan van Mondoit met sy gebrekkige engels. Van Rooyen het nou laat blyk dat hy wel belangstel in so n mooi vonkelende horlosie waarvan, soos die man verduidelik, hy nog net een oor het. Nou ja, die laaste een kan u kry vir sewe pond. Van Rooyen is maar suinig en hy val nie vir daai een nie.


Ons is nog dors en bestel vir ons nog van die lekker koue vrugtesap en terwyl ons dit geniet, kyk ons na buite na al die ander mense en hoe die lewe by almal verbygaan.


Van Rooyen kry weer ‘n nuwe aanval van die horlosie verkoper. Omdat dit die laaste een is kan hy hom nou kry vir ses pond. Ons beraadslaag onder mekaar dat dit wel ‘n goeie horlosie skyn te wees maar dat selfs vier pond nog te veel is. Mondoit waarsku vir van Rooyen om nie te val vir daai prys nie en hy is seker dat die prys nog verlaag sal word. En ja, nadat hy by my en Mondoit ‘n vulpen probeer afsmeer het word sy prys met die horlosie nog laer. Nou is dit vyf pond en nie ‘n sent minder nie!!

Dit is duidelik aan van Rooyen te sien dat hy al hoe meer lus is om die blink tikkende ding te koop. Breedvoerig vertel hy ons hoe lank gelede is dit wat hy ‘n horlosie gehad het. Nog lank voor sy troue en as jy eers getroud is is daar altyd belangriker dinge en kan jy dit nie koop nie. Ja, dit is so......

Die handelaar staan rustig en wag op die al hoe meer seker transakie. Mondoit fluister vir van Rooyen dat hy hom drie pond moet aanbied, met die wete dat die snuiter dit verseker nie sal aanvaar nie maar hulle kan dit slegs kan probeer. “ drie pond” wys van Rooyen met sy drie vingers in die lug. Baie verontwaardig wys die man “NO, NO “ dit is te min. “vyf pond” Nee, drie pond sal ek betaal sê van Rooyen in suiwer Hollands en haal drie pond note uit sy sak. Die verkoper wil eers niks daarvan weet nie tot hy skielik van besluit verander en die horlosie neersit en die drie pond vat en vinnig wegstap. Nou ja, die transaksie is gedoen en van Rooyen is so bly soos n kind wanneer hy die blink ding om sy pols sit en teen sy oor druk om te luister of hy nog loop.

Ek kry die verkoper/ smous bietjie jammer dat hy nou die horlosie teen ‘n verlies moes verkoop maar van Rooyen kan nie uitgepraat raak oor die feit dat hy hom vier pond afgestry het en verduidelik aan ons dat mens net moet aanhou en nie opgee nie. Hy is baie trots.

As ons gedink het dat, nadat hy sy drie pond gekry het, is ons ontslae van die verkoper maak ons ‘n fout want na so rukkie is hy weer terug by ons tafel en probeer weer sy bes om ‘n vulpen aan ons te smous.

Maar toe, aangesien niemand daarin belangstel nie, bring hy skielik weer van diesefde horlosies te voorskyn en ons kan dit kry vir slegs drie pond. “Nee dankie” en toe hy sien niemand byt nie, sak sy prys skielik na twee pond.!! Ons lag te lekker vir van Rooyen se gesig toe hy agterkom hy kon die horlosie vir nog ‘n pond goedkoper kry by die sluwe handelaar.


Gelukkig verdwyn die verkoper en ons sit nog so rukkie lekker en gesels. Al kan jy aan van Rooyen sien dat hy voel hy is bedrieg, sien hy darrem die grap daarvan in. Vanselfsprekend pes ons hom die heeltyd met sy uitstekende kopie wat hy gedoen het, maar vir ons is dit ‘n les dat ons versigtig moet wees as ons iets sou wou koop!


Ons stap verder die straat af om nog meer te sien van die lewendige Las-Palmas. Op mooi plekke, met wonderlike bome en fonteine neem ons nog fotos en stap rustig rond terwyl ons geniet van die onbekende wat ons te siene kry.




Ons stap rustig van die binnestad af rigting die see waar ons gou die groot skepe sien. Ons is nou al goed moeg van al die gestap, en daarom rus ons eers op ‘n muurtjie wat gebou is langs die see.



Agter ons die berge geboue in die sonskyn van die pragtige Las-Palmas en voor

ons die see met klein vreemd gevormde vissersbootjies wat skaars beweeg. Stil sit ons so rukkie alles en bekyk tot dit weer tyd geword het om terug te keer na ons skip. Die nuwe blink horlosie van van Rooyen dui aan dat dit byna vier uur is en om vyf uur vertrek ons skip weer.


Ons stap rigting van die stad waar ons gou weer ‘n taxi staanplek kry waar vriendelik chauveers ons nooi om in te klim. Nadat ons eers so bietjie gekibbel het en toe ooreengekom het met die prys, klim ons in en ry weer deur die strate van Las-Palmas rigting van die hawe. Op die hawe heers daar, net soos in Madeira, ‘n drukte met al die passasier wat terugkeer na dieskip. Die straat stalletjies is nog steeds besig om besigheid te doen en aangesien ons nog tyd het, stap ons ook deur die stalletjies en verkyk ons aan die plaaslike artikels wat hier gemaak word. Marrie kan die versoeking nie weerstaan nie en koop twee veelkleurige doeke as herinnering aan ons reis en besoek aan Las-Palmas.

Mondoit kibbel en koop toe ‘n parker vulpen vir slegs twee pond. Volgens die prys kan dit nie ‘n egte parkerpen wees nie, maar ‘n mens kan die verskil nie sien tussen ‘n nagemaakte of egte pen nie. Nadat ons nog piesangs gekoop het wat goedkoop was, stap ons rigting van die Edinburgh waar hy nog vasgemaak lê en wag.

Terwyl ons so langs die skip stap besef ons werklik eers hoe groot die Edinburgh werklik is. Honderde ronde patryspoorte wat die lengte van die skip is wys ons hoeveel kajuite daar werklik op so skip is.


Hoog bo teen die reeling staan daar reeds passasiers en afkyk. Hulle waai en skreeu dat ons moet kom want die skip gaan vertrek. Ja, hulle is reg want met ‘n oorverdowende gefluit gee die skip sy teken dat die vertrek nou naby is, en ons stap die loopplank op om aan boord te gaan. Ons kom agter dat die passasiers wat aan boord gebly het, hulle self nie verveelhet nie. ‘n Geselskap jong mense, in tradisionele drag van Las-Palmas, is op die dek besig om tradisionele liedjies te sing en speel.

Alhoewel die vertrek naby is kon ons tog nog geniet van die glashelder stemme wat begelei word deur tokkel instrumente. Veral een meisie wat op die einde ‘n solo gesing het, het ons in vervoering gehad met haar suiwer eerlike stem. Met haar oë na die berge gerig sing sy van die skoonheid van haar sonnige land. Wanner sy klaar is en stilbly was daar vir ‘n oomblik ‘n stilte waarna daar toe ‘n spontane aplous losbars.

Almal wat geluister het klap hande.



Toe die skeepsfluit weer die aplous verswelg met sy magtige gedreun, is dit tyd vir die wat nie die seereis meemaak nie, om die skip te verlaat. Ook die groepie Las-Palnese wat ons vemaak het, verlaat nou die skip en almal staan by die reelings en kyk tot hulle aan land is. Die toe word losgemaak en terwyl die skeepsfluit ons weer skrik gemaak het, neem ons afskeid van Las-Palmas en beweeg ons stadig weg van die kaai.


Die strook tussen land en skip word al hoe groter terwyn passasiers aan boord, en die mense aan wal, nog steeds waai. Ons vaar nou vinnig die baai uit en voor ons is die wye see. Steeds kleiner word die berge terwyl die son wat oor die see sak, sy laaste strale oor die verdwynende land gooi.


Water en nogmaals water so ver as wat jy kan sien. Die dae word ook al hoe warmer en daagliks word daar op die dek in dek stoele gelees of net gedroom. Ongeveer agt uur eet ons ontbyt en dit duur gewoonlik ongeveer vyf en veertig minute. Dan elf uur kry ons koffie/tee. Om een uur is dit middag ete en vier uur weer tee/koffie. Ten slotte is dit aandete so ses uur. So bly ons besig en die dae gaan taamlik vinnig verby. Die Engelse bly maar vreemd vir ons en ons seker vir hulle!

Hulle bly so ver moontlik uit die son en met aandete, wat ‘n hoogte punt is vir hulle, kom hulle te voorskyn. Heeltemaal opgedress vir die geleentheid in lang rokke en die mans met donker pakke en strik das. Sierlik manouver hulle die eetgerei, met net n’ knypie sout, efense peper en dan klein slukkie water, een blokkie kaas, ‘n halwe aartappel met een snytjie beet met ‘n bietjie blaarslaai. Die porsies vleis is vir hulle seker te veel want die helfte bly op hulle borde agter wanner hulle blykbaar klaar is. Dit is ‘n feit! Selde dat een van hulle die bord leeg eet. Gelukkig vir ons want ons voel nie skuldig as ons iets op die bord los nie.


Ons Hollandse tafelgenoot “Vink” kan ook maar net nie gewoond raak aan die Engelse kos nie. Al sorg sy vrou wat langs hom sit, goed vir hom bly hy steeds honger. Alhoewel ons dit nie lekker verstaan nie want die man eet nie maar hy vreet!! Geregte wat ons laat staan weens ‘n vreemde smaak wat nie reg proe nie, sal hy eet sonder om dit te proe. Dit is soos in die oorlog, net om die honger idee weg te werk.

Die Engelse, veral die wat langs ons sit, lag en vervies hulle as hulle sien hoe die hollander so veel as moontlik kos na binne werk.

Ook die ander hollandse familie, mnr Molhoek met sy vrou en twee dogters



( Foto: Die fam Molhoek wandel op dek )


wat oorkant die Vinke sit, skaam hulle diep vir die gedrag van die hollander. Tewens is hulle ook die slagoffer van Vink se vraatsigheid. Want voordet die maaltyd begin is die botter bakkie, kaas ens. wat bedoel is vir ses mense al klaar net die helfte oor.

Ook met die vrugte gaan dit so! ‘n Piesang en appel eet hy op en druk dan nog ‘n lemoen in sy sak. Die wat stadig eet het dus nie ‘n vrug nie! Dit veroorsaak dat die maaltye gepaard gaan met spanning, of te wel ons tafel. Die kelners knipoog vir mekaar en bring

broodjies wat die ander nie eet nie vir hom. So veel eetlus het hulle nog nie gesien nie, veral toe hy die bord gryp wat nog vleis op het,( wat ‘n engelsman laat staan het, ) wat die kelner wou wegneeem.


Die ander tafel genote het hom toe die bynaam gegee van “wolf” en het ook onder mekaar besluit om dadelik ons borde vol te maak met kos waarop ons eintlik nie reg op het nie, en al is ons nie van plan om dit op te eet nie. Dit was lekker om te sien hoe die “wolf” nie die skielike eetlus van sy tafelgenote kan verstaan nie!

Hy moes maar tevrede wees met heelwat minder. Later het hy toe maar by die ander tafels gaan kyk vir oorskiet. Aan ons het dit nie meer saak gemaak nie. Al wat nie lekker was nie is die feit dat hy ‘n Hollander is en daarvoor skaam jy jou.


As die bemanning op ‘n sekere dag almal met wit uniforms op die dek verskyn verstaan ons dat ons nou die ewenaar nader. Dit beteken ons is ongeveer nou in die helfte van ons reis en begin gewoond raak met die lewe op die “Edinburgh”

Die swembad is in gebruik geneem en aangesien die dae nou goed warm is word daar goed gebruik gemaak van die koue swembad water.

Tydens die maaltye word daar ook nou koue lug in die eetsaal ingeblaas en dit is lekker wanneer ons gaan eet om die koel vertrek in te stap. Noudat ons gewoond is aan die engelse kos en maniertjies is daar al gesellige oomblikke aan tafel. Ons krap ook nou in ons borde en proe aan al die engelse kos met die vreemde smake wat ons nie altyd weet wat dit is nie.

Die engelse wat oorkant ons sit probeer al hoe meer hul bes om stadig en duidelik met ons te gesels.

En al sê ons patykeer “yes” waar dit eintlik “no” moes gewees het is dit tog lekker dat ons geintereseerd is in mekaar se lewens en wat ons al beleef het.

Na die etenstye gaan ons gewoonlik na die dek waar ons onder die seile sit wat nou daar gespan is om koelte te verskaf. So in die skadu van die seile is dit ook lekker koel. As ons so saam met ‘n paar ander hollanders so in die stoelle sit en kuier terwyl die skip sag skommelend op die see vaar, is daar eintlik niks lekkerder nie en geniet ons die wonderlike seereis.


Ons is al donker rooi gebrand deur die son en wind. Ten minste, almal behalwe die wat bang is vir die son, het van kleur verander. Veral nou met die hitte is dit lekker om voor aandete te gaan bad.

Solank as ons sorg dat ons op tyd in ons kajuit is, kom die badmeester ons waarsku wanneer die badkamer beskikbaar is. Dit is vreemd dat die water nie skuim nie maar dit kom van die sout water en ons raak vinnig gewoond daaraan.

Die feit dat die engelse skeepspersoneel glad nie vriendelik is met die duitsers nie is ‘n feit, en dit kom maar as gevolg van die oorlog. Ek probeer nou al ‘n geruime tyd om die badmeester te verduidelik, in my gebroke engels, dat ons nie duitsers is nie maar hollanders. Dit blyk te help, veral nadat hy een van my sigare opgesteek het, dat hy nou baie vriendeliker is en ons hoef nie so lank te wag vir ons beurt om te bad nie.


in elk geval voel ons lekker vars na die bad en gaan dan lekker vars na die koel eetsaal toe. Na ete gaan ons nog gesels op die dek of gaan na die rook salon toe om lekker te sit en lees of skryf of niks te doen. Meestal is ons al vroeg in die kooi maar soms sit ons nog by die bure, van Rooyen en Mondoit, en gesels oor koeitjies en kalfies. As ons in die bed geklim het word ons aan die slaap geskommel deur die beweging van die skip. Die dreuning van die engines en die geluid van die skroewe wat die water

slaan, pla ons nie.


Om die passasiers besig te hou word daar gedurig speletjies georganiseer soos tennis, naaldwerk, ringtennis, tafeltennis en ook skaak. Vir die skaak het Mondoit, v Rooyen en ek ons ingeskryf. In plaas van om na die dek te gaan om in die son te gaan sit, is ons vol moed na die rooksaal. Daar is heelwat inteligente engelse manne asook een dametjie van so ongeveer agtien jaar oud wat reeds wag om te speel en hoop om die skaak kampioen van die “Edinburgh” gekroon te word.

Marrie is ook een van die toeskouers wat langs die skaaktafel in ‘n gemaklike stoel sit om die titaniese stryd dop te hou. Nadat al die spelers aanmekaar voorgestel is word ons dadelik ingedeel en my eerste een teen wie ek moet speel is toe van Rooyen. Dit gee my dadelik baie moed want nou kan ek eers die kat goed uit die boom kyk voordat ons die engelse die see in dryf.


Ek en van Rooyen het al van te vore gespeel en gewoonlik wen ek hom maar natuurlik sal ek nou vandag verloor. Die volgende spel is teen ‘n engelsman wat gelukkig nie baie praat nie. Ook maar goed want as

hy iets sê verstaan ek in elk geval niks!. Ook teen hom verloor ek. Intussen het van Rooyen en Mondoit ook al een keer verloor.

Maar ons gee nie moed op nie!!

Na ‘n kort onderbreking speel ons weer en daar gaan my kans om kampioen te word want ek verloor weer. Die volgende dag moet ek nog een keer speel en al wen ek hom is my kanse om kampioen te word nul. So sit ek dan gereed in die ruim rooksaal en naby my sit Marrie en kyk met die stille hoop dat ek darrem hierdie keer sal wen. Verskeie skaak entoesiastiese passasiers staan om die tafels en kyk.


Hierdie keer is my teenstander die agtienjarige engelse meisie. Tien jaar jonger as ek en ‘n vrou!!

Hierdie een moet ek wen! Terwyl ek ernstig sit en oorweeg of ek een van my pionne moet prysgee vir ‘n pion van haar, voel ek hoe sy my ernstig ondersoekend sit en aankyk en takseer. Omwillekeurig stryk ek my hare plat en voel of my das reg sit. Ek neem haar pion en sy toe myne. Dan sien ek en hoor ook aan die afkeurende gebrom van die toeskouers dat daar nou gevaar dreig en ja, my biskop is in die moeilikheid en ek kan dit nie keer nie. Die meisie glimlag selfbewus.

Magteloos moet ek toekyk hoe sy dan ook sommer so paar van my stukke van die bord afhaal. Net as ek aanvaar dat ek tien teen een ook hierdie spel gaan verloor, sien ek hoe sy in haar oormoed ‘n pragtige dom skuif maak. Hierdie keer sit ek haar in skaak en vat ek toe so paar van haar stukke van die bord af. Dit word ‘n pragtige, spannende spel. Verbaas kyk haar aan toe sy skielik opstaan en my hand skud en met ‘n “ Thank you

Mr Schuurman, Good day” en dan weg stap. Tipies ‘n vroumens streek om my nie kans te gee om tot haar laaste pion te vat nie. Gelukkig het ek tot Marrie en my vreugde darrem gewen.


Van Rooyen het nog saam met die bestes gespeel maar nie die eindstryd gehaal nie. Mondoit het soos ek nie goed presteer nie. Na ‘n paar dae is die skaak kampioen gekroon en dit is toe ‘n suid-afrikaanse jong man wat studeer op oxford, engeland. Hy praat nie baie afrikaans nie maar ons kan hom taamlik goed verstaan as hy wel afrikaans praat en later het ek en hy ook nog ‘n potjie skaak gespeel.


Die dag wat ons skip toe die ewenaar oorsteek kom Neptunus met sy gevolg aan boord! Dit was ‘n pragtige vertoning en almal het dit geniet. Veral natuurlik die kinders. In bont helder klere en gepaardgaande musiek in ‘n stoet oor al die dekke gaan hulle. Tot die kaptein van die “Edinburgh” is aanwesig om toe te kyk na die plegtigheid waar Neptunus homself opmaak om wanner die ewenaar oorgesteek word, hy homself dan skeer met ‘n groot hout mes. Die kinders kry dan ook ‘n getekende bewys dat hulle die ewenaar oor gesteek het. Alhoewel die volwassenes almal deelneem is die hele Neptunus vertoning van die reis maar vir die kinders bedoel.




Dit is vir die kinders ‘n groot gebeurtenis, al is daar so paar wat huilerig en bang is. Ons het heelwat foto’s geneem en Neptunus se besoek is vir ons ook ‘n welkome afleiding. So is die vertoning dan ook weer verby.

Dit is maar net aan die son te sien dat ons onself op die ewenaar bevind want die son sit loodreg bo ons.

Om ons is dit net water en nogmaals water!!

So nou en dan sien ons ‘n ander skip so in die verte maar soms ook heelwat nader.

Die aand bly ons sommer tot laat op die dek. Dit is te warm om nou al in die kooi toe te lê. Die sterre aan die hemel is wat die see sag verlig. Ons word nie moeg van die rustigheid op die agter dek waar ons stil in ons stoele sit en luister na die water om die boot nie. Die boot se skroewe wat deur die water ploeg druk ons al hoe nader aan ons eindbestemming - Afrika.


Tussen al die Engelse sit daar ook heelwat Afrikaners, dit kom ons eers later agter. Daar is die wat, al kan hulle afrikaans praat, engels bly praat maar daar is ook heelwat, sodra hulle hoor ons is hollands, dan gesels hulle met ons in afrikaans. Dit kan ons goed verstaan ek dan word daar goed geklets .

Natuurlik aan dit maar altyd oor ons nuwe vaderland. Hulle vertel ons van al die goeie van suid-afrika maar die tekortkomings verswyg hulle ook nie. Sodoende kry ons ‘n goeie beeld van hoe dit in suid-afrika gaan en wat ons daar te wagte kan wees. Ons merk gou dat die kleurling kwessie nie so groot probleem is soos wat ons in die buiteland dink nie maar die water voorsiening op die lande is ‘n baie belangriker

punt. So al geselsende en bietjie lees of skryf vlieg die dae verby.


Die bemanning het hulle wit klere verruil vir swart kleding. Die warmste gedeelte is verby en elke dag is dit bietjie koeler. Ons nader afrika waar dit nou winter is. Daar word deur radio berigte, die uit afrika, verneem dat daar stormagtigte weer is in die omgewing van die Kaap. Daar was skepe wat eers op see moes bly en nie nader aan wal kan gaan nie vanwee die harde wind.

Van seesiek het ons nog glad nie las van gehad nie. Die rede is dat ons nie maklik seesiek word nie, maar ek moet eerlik wees en erken dat dit seker maar is van die see wat so glad is soos ‘n spieel.

Stilletjies hoop ek eintlik diep in my hart op so klein stormpie of so iets wat ons kan mee maak. Net sodat ons later kan saampraat oor so iets!

Inderdaad word die see, noudat ons nader aan afrika kom, al hoe woeliger en van die lekker warm dae is nou iets van die verlede. Soms waai die wind en dan swiep reen vlae oor ons.

Ons kom nie dadelik agter dat dit eintlik die heeltyd erger word nie maar skielik kom ons agter die skip skommel nou baie meer. As jy op die agterdek staan sien jy die voorpunt so nou en dan soos die skip op en af gaan. Die dekstoelle is weggepak en al wat die passasiers nou doen is om op die dek te wandel. Dit is ook moeite so skuins teen die wind en die bewegende vloer onder ons voete. Dit is opvallend, soos ons die einde van ons reis nader, hoe daar minder en minder speletjies gespeel word. Die lus is nie meer daar nie!

Daarom is daar al hoe meer mense wat op die dek rondstap. Dit lyk partykeer soos ‘n saterdag in die voorste straat van Dordtrecht!!

Partykeer, as ons vier ‘n windvrye hoekkie gekry het waar ons kan sit, kyk ons hoe die wandelaars by ons verby stap. Tussen hulle sien jy en herken dadelik die droeë engelse. Alhoewel die weer die heeltyd slegter word is daar nog geen teken van ‘n storm nie. Die skommel van die skip word erger en dit kom jy goed agter as jy in die gang afstap na jou kajuit toe. Al botsend teen die kante van die gange deur al die passasiers maar die personeel loop kers regop asof die geskommel hulle niks pla nie.


Noudat die weer slegter word kom ons ook agter dat daar al hoe meer mense seesiek word. Jy sien dit aan die leë stoele by die etenstafel Ook ons voel dit as ons deur die nou gang stap na die eetsaal en die kos reuk kom jou tegemoet dat ons skielik ook ons eetlus verloor het.

Veral Marrie eet maar min van die vreemd soortige kos wat ons vorgesit word. Om eerlik te wees is my eetlus ook weg maar ek eet darrem meer as Marrie. In teendeel, jy sien dit by almal behalwe by Vink die wolf! Terwyl die ete

aan die gang is staan heelwat mense op en gaan terug na hul kajuit. Ook Marrie staan op en los haar “sunnyside up” eier en ham net so op haar bord. Ek sit maar so bietjie mistroostig nog en stoot die kos in my bord rond. Die Engelse vrou oorkant my kyk my aan asof sy verstaan. Want ook sy lyk maar nie so lekker nie !!


As die ete verby is neem ek van die vrugte saam vir Marry op aandrang van die Engelse dame. In teen deel het almal wat gesien het dat Marrie opgestaan het omdat sy nie goed voel nie, my van raad voorsien en wat ek alles vir haar moet saamvat.

Alles tot groot ergenis van Vink wat die lee borde voor sy neus sien verbygaan. As gevolg van almal se besorgdheid vergeet ek eintlik dat ek ook nie honderd persent is nie en stap met nuwe moed al slingerde die gang af na ons kajuit. Marry lê in haar kooi en sy

sê solank sy so lê voel sy nie te sleg nie.

Sy is baie bly oor die lemoene wat ek gebring het en ek voer haar skyfie vir skyfie van die groot lemoen. Te minste het sy nou iets in haar maag want wat is ‘n mens met ‘n leë maag? Dit was glad nie lekker dat die lemoen na so kwartier weer uitkom nie. Ek is toe na die skeepswinkel waar ek toe maar sjokolade koop om dit te probeer.

Met swart tee en stukkie vir stukkie sjokolade in voel sy gelukkig weer beter. Maar uit die eetsaal moet sy bly want daar loop dinge weer verkeerd. Die Engelse kos kan sy nie sien of ruik nie!! Met die gevolg dat ek sonder vrou alleen by die tafel sit, en ek eet, in ag geneem die omstandighede eet ek nogal goed.

Iets van alles wat ookal op tafel gesit word. Die kelners sorg vir “biscuits” wat ek vir Marrie kan saam vat en ek sorg dat ek genoeg vrugte bymekaar maak vir haar. Aangesien die weers omstandighede ongeveer dieselfde bly, dws min son en baie wind, begin ons see vas te word. En ook Marrie herstel goed na haar “see siekte”.

Sy lyk maar nog nie honderd persent nie en by my het my bloedrooi neus intussen verander na so bleek neusie! Ek steek toe glad nie af toe Marrie op ‘n stadium weer langs my by die etenstafel sit nie. Baie versigtig, bietjie vir bietjie eet, gaan dit uitstekend. Sy het gelukkig nog tussen die maaltye, en in die aand, sjokolade as byvoeding en ek help myself maar ook daaraan.

So kom ons wel reg.

Gedurende al hierdie en vele ander belewenisse, vaar die skip voort en sodoende kom ons al hoe nader aan Kaapstad. So stilletjies, net soos al die ander, begin ons die goedjies bymekaar sit en gereed te maak om later aan wal te gaan. Die stemming op die skip raak al hoe beter waaruit jy kan aflei dat vir die meeste mense is ‘n bootreis van veertien dae heeltemaal lank genoeg.


Die laaste dag van die reis het aangebreek. More oggend, baie vroeg, eintlik nog in die nag, vaar ons tafelbaai binne en is dit die einde van ons lang seereis. Maar vandag, woensdag, staan alles op sy kop.

Omdat dit ons laaste vol dag is wat ons aan boord is, is daar ‘n drukte aan boord want ongeveer almal is besig om hulle tasse te pak en klaar te maak vir die volgende dag.

Tydens ontbyt gaan dit anders as normaal. Bottels wyn verskyn nou aan tafel. Ten minste vir die wat dit bestel. Opgewek word daar gesels, gelag en geeet. Die kelners is vriendeliker as ooit. Vir hulle nader hulle darrem “fooitjie” tyd, en nie net die einde van die reis nie!

Deur die luidsprekers klink vrolike musiek. Die “sunnyside up” eiers, ham en flentertjies brood en blokkies kaas smaak hierdie keer baie lekker. Die skip stamp nog behoorlik maar solank jy nie buite toe kyk nie kom jy dit eintlik nie agter nie. Net soos die deftigste Engelse hanteer ons ook al op ons gemak die eet-gereedskap en laat die kelner die peper aangee of die botter potjie vol maak.

Ja, mens word alles gewoond so in veertien dae!!

Hierdie maaltyd vat langer as gewoonlik en na afloop van die ete gaan ons kajuit toe om verder in te pak. Die kajuit kaste word leeg gemaak en die tasse word vol geprop. Natuurlik gaan ons weer doeane moet deurgaan dus steek ons die smokkelware goed weg. Haal dit weer uit en kry dan weer ‘n veiliger wegsteek plek.

As ons klaar gepak het gaan ons vir die laaste keer na die badkamer om ons te was. Ek kom agter dat die Badmeester, ondanks die feit dat ek hom aan die begin al mooi verduidelik het dat ons hollanders is, nog steeds dink dat ons duits is. Weer sê ek “ we are dutchman” maar aan sy gelaggery en knikkend met sy kop, sien ek dat hy nog steeds nie verstaan nie. Nou ja, dan is ons maar duitsers. Na die bad in soutwater gaan ons weer dek toe. Daar is dit nog taamlik rustig en ons gesels bietjie met ons getroue

reisgenote, van Rooyen en Mondoit. Hulle het nog niks gepak nie want hulle reis eindig eers in Oos London waar hulle aan wal sal gaan.

Ons spreek in elk geval af dat hulle in Kaapstad ons sal vergesel tot by die treinstasie waar hulle ons sal afsien. Ons is baie bly daaroor! Veral oor die feit dat die boot vroeg verlaat word en die trein vertrek eers agt uur die aand. Ons belowe ook mekaar dat eers in Suid-Afrka sal ons vir mekaar skryf en indien moontlik ook besoek. Die laaste dag aan boord gaan vinnig verby. Seker te doen met die lang uitgerekte maaltye. Die aandete was ‘n groot gebeurtenis. Die vrouens in lang deftige rokke en die mans in swart pakke. Toesprake en wyn en plum poeding.

Nou lê ons in die bed op die skip vir die laaste keer! So met al die bekende skeepsgeluide en die skip se rol raak ons aan die slaap.


Dit is nog nag as ons wakker skrik. Ons kom dadelik agter dat die skip stilstaan. Dit is doodstil! Hoor glad nie meer die engines nie. Maar ons voel nog die skommel, en nogal erg ook. Ek onthou dat ‘n Suid-Afrikaner my vertel het dat die skip gewoonlik ‘n ruk op see wag voordat hy die hawe kan in.

Dis seker waar ons nou is. Marry het ook intussen wakker geword van die stilte en ons hoor ook stemme uit ander kajuite waar mense wakker is. Ons probeer nog om langer te slaap maar later kan ons uit die geluide agterkom dat ander ook maar opstaan dus staan ons ook op en trek ons aan.

Ons bure, Mondoit en van Rooyen is ook al op en ons besluit om op die dek te gaan kyk of daar iets is om te sien.


Op die dek is dit nog taamlik stil. Behalwe dat dit pik donker is, is dit ook verskriklik koud. ‘n Ysigige wind waai dwarsdeur ons dunnerige reenjasse. Tog is ons nie spyt dat ons gaan kyk het nie want heelwat nader as wat ons verwag het, skitter die duisende liggies van Kaapstad. Oor die lengte, en ook die land in , sien jy die omtrek van die stad. Kaapstad is ook duidelik te sien vanuit die see aangesien hy aan die voet van tafelberg lê en skuins teen die hange opgaan. Van tafelberg kan ons nog nie veel sien nie, net so donker massa met die beroemde plat bo kant. Dit is jammer dat dit nog so donker is maar nou ja, netnou as dit lig is sal daar seker meer te sien wees.

As ons klaar gekyk het en steeds kouer kry besluit ons om terug te gaan na ons kajuit toe. Daar is dit heelwat warmer en ons wag maar daar dat dit moet lig word. Ons doen ons laaste voorbereiding vir ons aankoms netnou in kaapstad. Toe gaan ons maar na ons bure en die sit ook maar net en wag. Die tyd gaan maar stadig verby maar op ‘n sekere moment word die boot se engines aangeskakel. Vinnig stap ons boontoe net om te sien dit is besig om lig te word. Langsaam vaar die skip die land tegemoet en rustig die baai binne.

Daar wag ons weer op die sleepbote wat ons verder gaan help.


Nog voor al die liggies van kaapstad verdoof is word die “edinburgh” teen die kaapse kaai vasgemeer tussen nog ander groot seebote. Onder ons, op die flou verligte kaai is daar al heelwat beweging van mense maar onherkenbaar in die skemer.


Later, as dit al heeltemaal lig is, en die op en aflaai hard besig is, kom ook die emigrasie en ander amptenare aan boord. Ons gaan staan ook in die tou voor die rooksalon sodat ons papiere gekontroleer en gestempel kan word. Ons kom nou agter dat baie passasiers die uitsig van die dek al lankal verlaat het want die tou voor die geslote deure van die rook salon is baie lank. As die deure uiteindelik oopgaan begin die mense een vir een ingaan. Dit vat ongeveer twee ure voordat ons voor die amtenare verskyn.

Die lang wag het ons verveel en ons kan die lang gewag aan ons lywe voel. Maar noudat ons voor die emigrasie beampte staan is alles vergete en ons is nuuskierig oor wat ons nou te wagte kan wees.

Die man is baie vriendelik en praat gelukkig afrikaans. Ons papiere is alles in orde en word gestempel en nadat hy nog deur ons paspoorte en permitte gekyk het word ons na die tweede amptenaar gestuur.

Die man wil toe weet wat se artikels ens bring ons suid-afrika binne. Baie netjies wys ek hom toe my foto toestel ( kamara ) en tien sigare en verder niks snaaks nie. Hy bereken die somme en ons moet twee pond aan belasting betaal. Daarna gaan ons na ‘n ander amptenaar waar ons die engelse geld omruil vir afrikaanse geld en toe is die formaliteite afgehandel.


Nou mag ons die skip verlaat en daarom gaan ons vir die laaste keer na ons kajuit om ons tasse te gaan haal. Dan stap ons agter ‘n regte “swart man” wat ons tasse dra na die loopplank. So gaan ons op ‘n vinnige stappie die loopplank af tot ons ons voete vir die eerste keer op afrikaanse bodem sit.


IN SUID-AFRIKA

Ons is in Suid – Afrka maar nog nie in Brentwoodpark nie. Eers na die doeane. Die loodse is naby en gou staan ons in die ry omring met al die bagasie by die doeane. Weer moet ons maar ons beurt

afwag want al die beskikbare doeane amptenare is besig om die bagasie te deursoek vir onwettige goedere. Dit lyk asof dit sorgvuldig gedoen word. Daar is tasse wat heeltemaaal uitgepak word tot groot ergenis van die eienaars. Ek skrik as ek dink aan al die sigare wat weggesteek is in ons tasse wat ons nie verklar het nie. Maar toe ons aan die beurt is na ongeveer ‘n half uur wag, beland ons by ‘n amptenaar wat lyk of hy haastig is want hy voel voel net liggies aan ons tasse en trek dan dik wit

kryt strepe oor en klaar is ons!

Ons kan maar gaan. Hy roep ‘n helper en die vat ons tasse na buite.


Daar stann Mondoit en van Rooyen al klaar vir ons en wag. Hulle gaan ons mos afsien op die trein stasie vannaand maar eers gaan ons nog Kaapstad bietjie verken. Ons neem ‘n taxi na die stasie om eers al ons bagasie te gaan afgee. Met spoed gaan die taxi deur die besige strate na die stasie. Dit is ongeveer in die middel van die stad. As ons daar kom soek ons eers die bewaarplek waar ons ons tasse ingee wat hulle sorgvuldig in neem.

So, nou kan ons met leë hande die stad invaar. Ondanks die feit dat dit winter is, is dit lekker warm in die stad. Die son skyn uit ‘n wolkelose hemel soos op ‘n somers dag in Holland. Op ons tyd stap ons en drantel ons deur die strate en kyk na al die groot en moderne winkels met pragtige vertoon vensters.









Ons kyk belangstellend na die pryse van goedere maar sit sê nie veel nie aangesien ons nog nie die waarde van die plaaslike geld ken nie. Dit is besig op die straat. Dit krioel van kleurlinge, swartes en wittes almal deurmekaar! Hier ry ook dubbel dekker busse wat mense vervoer en die verkeer ry hier links.

Ons moet goed konsentreer veral as ons die straat wil oorsteek. Nadat ons die middestad so bietjie deurkruis het vat ons die stiller sy strate. Skielik beland ons in ‘n groot rustige park waar swart meisies met blanke kindertjies rondloop. Ons gaan sit op ‘n bank om bietjie te rus met die uitsig op tafelberg. Ons kyk bietjie by die vis dammetjie na die pragtige visse en voëls en so gaan die tyd nogal vinnig verby. Ons kan al klaar so stadig maar seker rigting van die stasie gaan.

Ons wil ook vroeg genoeg wees om op ons tyd die trein en ons coupe kan opsoek. Ons loop weer deur die middestad waar, noudat dit sluitingstyd is, geweldig besig is en na ‘n stywe ent kom ons by die stasie.

Enige persoon kan die perron opstap en ons gaan ook om op die verskillende peronne te soek na die regte trein watons moet neem. Ons sien ‘n trein met die bord wat sê “Johannesburg” en ons besef dit is die trein wat ons moet neem. Daar is ‘n hele spul mense wat die trein neem maar ons merk dat daar name is by die coupe vir mense vir wie dit bedoel is. So ongeveer in die middel kry ons die naam Schuurman en ons het dus ons coupe wat vir ons bedoel is, waarmee ons dan gaan reis na Johannesburg.


Vanselfsprekend kyk ons gou hoe lyk die coupe van binne. Nie iets om opgewonde teraak nie maar ook nie teleurstellend nie. Dit is eintlik so sit-slaap coupe. Smal met ‘n venster, ‘n wasbakkie met kraan, ‘n spieel en twee enkel beddens bo mekaar waarvan die onderste een verander in ‘n sit bank. Die deur kan van binne sluit en maak oop in die gang wat die hele lengte van die treinwa is. Nou ja, dis feitelik alles.!

Noudat ons dit gesien het gaan haal ons die bagasie wat ons by die bewaar plek gelos het.


Toe dit tyd raak om te vertrek neem ons hartlik afskeid van Mondoit en van Rooyen. Ons belowe mekaar weereens om te skryf en indien moontlik, mekaar weer te sien.


Dan ry ons die stasie uit die donkerte in. Dit was vinnig donker met slegs ‘n kort skemering. Ongelukkig is daar soos ons ry niks te sien buite nie. Daarom maak ons die gordyntjies toe en by so gelerige liggie gaan sit ons maar rustig en gesels. Ons kruip vroeg in die kooi, Marrie weer bo en ek onder. Dit is amper soos op die boot maar tog anders. Die trein wieg ook maar heen en weer en dit raas nogal. Maar ook dit

raak ons gou gewoond en ons raak vinnig aan die slaap.

Tog slaap ons nie so rustig soos op die “edinburgh” nie want elke nou en dan stop die trein. Dan is dit doodstil tot die trein weer met ‘n paar stewige rukke vertrek. Dan skrik ons elke keer wakker. Ons begin ook koud te kry onder die twee dun perde kombersies. Dit word yskoud, die eerste nag in Suid-Afrika.


Maar ook die nag gaan verby en vroeg oggend sit ons by die vensterjie in die son en kyk na die landskap wat buite verbygaan. Dit is alles nuut vir ons, dit wat ons te sienne kry! Uitgestrekte vlaktes, dor en verdroog met af en toe struike en hier en daar ‘n enkele boom. Met afwisselig nou en dan bietjie rotse en yl begroeide heuwels. By die stasies staan so paar huisies langs die spoorlyn en verder, dieper die land in, lyk dit soos ‘n klein dorpie of so iets. Die landskap bly maar dieselfde en ons gaan eet ontbyt

in die eet wa. Ons merk op dat die afrikaanse ontbyt baie beter is as die engelse ontbyt. Ons eet vir die eerste keer sedert ons reis, lekker en genoeg. Daarna gaan ons maar weer terug na ons coupe en kyk na die verbygaande landskap. Dor en verdroogde grasvlaktes met so hier en daar ‘n klein boerderytjie waar ‘n trop skape rondloop. Af en toe ry ons verby kaffer hutte waar kaffer kindertjies rond speel. Maar dit is eintlik alles wat ons te sien kry.


Tog gaan die oggend vinnig verby want toe ons weer sien is dit tyd vir middag ete. Ons is nogal honger en is bly die tyd het aangebreek. Die afrikaanse kos is baie beter as die bietjie engelse kos op ons bord wat ons maar moes sluk op die skip. Maar nou is dit lekker aardappels, vleis en sous met groente. En vir nagereg lekker vrugte poeding. Dit is nie soos die Hollanders kos maak nie maar tog lekker!!


Daarna gan ons weer terug na ons coupe en sit maar weer en lees of kyk na die landskap buite. As afwisseling stop die trein by klein en groter stasies waar elke keer mense af of op klim en dan weer verder. So bly die reis maar tot ons vir die laaste keer op die trein gaan eet. Dit is al sterk skemer toe ons klaar geeet het en ons besluit om maar vroeg te gaan slaap want more moet ons vroeg opstaan.

Dus, nadat ons so bietjie gelees het by die gelerige liggie, le ons op een oor om so slaperig ons reis voort te sit. Wanneer die wekker afgaan is ons gou uit die bed en aangetrek. Dit is nog donker maar kort voor sons opkoms.

Ons maak ons klaar om die trein later te verlaat. Intussen het dit lig geword buite en die landskap het verander. Die droeë vlaktes het plek gemaak vir meer bewoonde gebied en ons aanvaar dat ons Johannesburg nader. Veral oor die feit dat die trein nou stadiger ry en baie huise langs die spoorlyn.

Ons trek solank ons jasse aan en sit die tasse reg. Dan staan ons by die venster en wag vir die eerste gesig van Johannesburg. Nou ja, dit was nog lank. Die trein beweeg langsaam en stop ook nog steeds nou en dan wat blyk voor stede te wees van Johannesburg. Uiteindelik kom ons Johannesburg stasie binne en ons probeer so in die ry te sien of ons dalk die bekende gesig van meneer van Zwolle te sienne kry. As die trein stop sit ons dadelik ons bagasie op die perron. Dan ook nog pakkies en daarmee

is ook ons trein reis op ‘n einde.


Nou staan ons maar rustig en wag en ja, daar kom meneer van Zwolle en Lenie aangestap tussen al die mense deur. Nadat ons gegroet het en hulle kennis gemaak het met Marrie gaan soek ons dadelik die ar. Ons vat sommer al ons bagasie self want nou is ons vier wat kan dra en gou is ons by die kar en laai alles.

Dan ry ons. Deur die nou nog stil, maar ons kan sien dat dit ‘n groot, moderne stad is. Ons ry met bree en smal strate na die rand van die stad. Dit val ons op dat alles hier is baie mooier as dit wat ons deur die trein venster kon sien. Vanuit ‘n wolkelose hemel skyn die son en ondangs die feit dat dit winter is,

is alles mooi en vriendelik. Noudat ons buite die stad is sien ons die baie huise wat teen en op heuwels gebou is. Dit lyk baie mooi, veral omdat ons dit vir die eerste keer sien.


Na ongeveer ‘n half uur kom ons in Brentwoodpark aan en stop ons by die garage waaroor ons so baie gepraat het. Die garage is reg langs die pad gebou met so vier petrol pompe voor en maak onmiddelik ‘n goeie indruk. Ons klim uit en groet dadelik mev van Zwolle wat by die garage al staan en wag vir ons aankoms.





Na die gegroetery en wersydse gebeure oor vertel het, gaan bekyk ons die garage van binne. Dit is baie ruim en agter is, onder ‘n ry venters, ‘n werksbank. Dan is daar ook stoorkamers en dan ook die diesel kamer waar die engine staan wat krag voorsien aan die petrol pompe. Dan stap ons na die woonhuis wat skuins agter die garage gebou is. Dit is ‘n gesellige wit geverfde huis met ‘n rooi dak en ‘n lekker stoep voor. Ons stap binne en die eerste wat ons sien in die sitkamer is ‘n groot bord wat sê:

WELKOM HENNIE

EN

MARRIE

Na ‘n baie lang reis is ons tuis !! ..............

Brentwoodpark

4 Augustus 1951


EINDE van die eerste deel.


( Hierdie reis verhaal is uit Hollands vertaal deur Frans Schuurman 2022 )






Stamboom





Ouers

Jacob Cornelis

getroud met Elisabeth Vollers

Jacob van Driel getroud met Lyntje Smit


Hennie & Marrie

Hendrik Schuurman ( Hennie ) gebore 24 Augustus 1922, Oorlede 9 September 2010

Maaike van Driel ( gebore 9 Februarie 1927Getroud in Dortrecht op 2 mei 1951(Burgerskap van Suid Afrika op 20 September 1968) Oorlede 1 Augustus 2016


Kinders, Kleinkinders en Agter Kleinkinders


1) Henk

Hendrik Jacob gebore in Benoni op 28 Februarie 1953 getroud op 13 Oktober1973 metJacoba Petronella Venter ( Tronie )Gebore in Boksburg op 26 September 1952Geskei 11 April 2007


Henk se kind

- Jaco Schuurman Gebore in 01 Julie 1980 getroud op 25 Maart 2011 met Simone Swanepoel Geskei 2019


Jaco se kinders

- Dian Schuurman Gebore 11 Mei 2012

- Myke Schuurman Gebore 5 April 2013



2) Elsie

Elizabeth gebore in Benoni op 8 Mei 1955 Oorlede 2 April 2000

getroud op 19 Oktober 1976 met Ferdinand Albertus Slabbert ( Ferdi ) Gebore in Bothaville op 21 Januarie 1954 Oorlede 26 Desember 2019 Geskei 1982

Getroud op 27 Mei 1989 met Johanes Cornelius Jansen van Rensburg Gebore 18 Augustus 1960


Elsie se kinders

Ferdinand Albertus Slabbert ( Ferdi) gebore in Bothaville op 24 Januarie 1978 getroud op 22 Maart 2009 met Cheryl Harris in Johannesburg gebore 24 Oktober1978


Ferdi se kind

Ferdinand Albertus Slabbert (Austin) Gebore in Johannesburg op 4 Julie 2007


Annemieke Slabbert gebore in Sannieshof op 16 Oktober 1979 getroud op 19 Augustus 1999 met Henrickus du Plessis in Welkom Gebore 04 April 1977 Geskei 2002 Getroud op 8 Mei 2022 met Christiaan (Ian) Venter gebore in Bethlehem op 17 Januarie 1971


Annemieke se kinders

- Marianca Slabbert

- Dianca Slabbert Tweeling Gebore in Welkom op 8 Maart 2000


Sonja Jansen van Rensburg gebore in Krugersdorp op 3 Oktober van Rensburg gebore in Krugersdorp op 2 Oktober op 19 September 2015

op 27 Julie 2019 met Freddie Prozesky Gebore in Johannesburg op 18 Desember 1991


Sonja se kinders

- Kian Prozesky Gebore in Potchefstroom op 14 Junie 2017

- Elri Prozesky Gebore in Potchefstroom op 11 November 2019


Zuné van Rensburg gebore in Krugersdorp op 2 Oktober 1993 getroud op 27 Julie 2019 met Hein du Toit gebore in Potchefstroom op 16 Desember 1992


3) Frans

Frans Schuurman gebore in Dortrecht op 4 Augustus 1958 getroud

op 5 Desember 1981 met Leoné Kleyn Gebore 21 September 1959


Chané Gebore in Klerksdorp op 12 Oktober 1982 getroud op 1 Maart 2008 met Esias Engelbertus Smuts (Bertus) Gebore in Witbank op 7 Januarie 1980


Chane se kinders

-Xander Smuts Gebore in Guildford Engeland op 29 Oktober 2009

- Mia Smuts gebore in Nelspruit op 5 November 2013

- Lumé Smuts gebore in Nelspruit op 5 November 2013


Werner Schuurman Gebore in Pretoria op 3 Maart 1986 getroud op 22 Maart 2014 met Louise Maartens Gebore in Welkom op 30 Julie 1987


Werner se kind

Kiani Anne Schuurman gebore in Middelburg op 26 Januarie 2016


4) Albert

Albert Cornelus ( Albert ) gebore in Sannieshof op 20 Oktober 1963 getroud op 22 Desember 1984 met Elize Nel Gebore in Germiston op 1 Oktober 1966


Rudie Schuurman Gebore in Johannesburg op 17 Junie 1985

Hennie Rico Schuurman ( Rico ) Gebore in Alberton op 16 Maart 1989

Corné Schuurman Gebore in Alberton op 4 November 1991 getroud op 23 September 2017 met Monique van Zyl Gebore in Johannesburg op 23 September 1992





120 views0 comments

Recent Posts

See All

Kommentare


bottom of page